Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Skok oor onnie se arrestasie

Skok Oor Onnie Se Arrestasie

Marinda Steyn (50) was ’n voorbeeldige onderwyser en die leerlinge in Haar Engels-klas het goeie punte
gekry.
Daarom kon Jan van Aardt, skoolhoof van die Hoërskool Jan de Klerk in Krugersdorp, nie sy oë glo nie toe
die polisie by die skool aankom en beslag lê op patrone in die stoorkamer in haar klas.
Die skool is nog geskok nadat dié onderwyseres in hegtenis geneem is in verband met ’n sameswering om ’n
hawelose man te vermoor, sê hy.
Die staat wil Marinda nou ook aankla van die onwettige besit van ammunisie én van die moord op ’n
sakeman van die dorp.
Marinda se kinders, Le Roux (20) en Marcel Steyn (18), is boonop ook in aanhouding in verband met die
drie sogenaamde afspraakmoorde in Krugersdorp.
“Ek was geskok toe die polisie my vra om die klaskamer oop te sluit. Ek kon nie glo wat hulle daar gekry het
nie. Ek is net verlig ’n skoolkind het nie op die ammunisie afgekom nie,” sê Van Aardt.
Hy het sedert Marinda se inhegtenisneming haar Engels-klasse oorgeneem.
Van Aardt beskryf Marinda as ’n hardwerkende onderwyser.
“Sy het altyd vooruit gewerk en haar leerlinge het goeie punte gekry. Van haar werk kan ek niks slegs sê nie.
“Dit is tragies. Ons is seergemaak.
“Die skool word nou ingesleep in haar persoonlike lewe.”
’n Ouer, wat anoniem wil bly, sê sy is nie ingelig van die drama rondom Marinda nie.
“Ek het nie eens geweet dit het gebeur nie. Ek dink nie my kind weet daarvan nie. Ek is so geskok, want
hierdie vrou het vir my kind klas gegee,” sê sy.
Volgens Van Aardt het die skool aan leerlinge gesê Marinda is op “ernstige persoonlike verlof”.
Nadat Marinda se kinders in hegtenis geneem is, het sy haar hart uitgestort in ’n onderhoud
met Huisgenoot wat op 14 Julie gepubliseer is.
Sy het gepleit dat mense moet “bid vir haar kinders”.
Sy het gesê sy bevind haar in ’n nagmerrie. Nege dae later is sy self in hegtenis geneem.
Die aanvanklike klag teen haar was dat sy Zak Valentine (31) gehelp het om sy eie dood na te maak.
Die staat beweer Zak het Jarrod Jackson, ’n straatsmous, vermoor en in sy motor verbrand sodat dit moes lyk
asof hý dood is. Die staat beweer Marinda en haar vriendin Cecilia Steyn (35) het hom gehelp.
Cecilia was na bewering die enigste begunstigde van Zak se lewenspolis van R3,6 miljoen en Marinda het
“sy” lyk uitgeken. Die staat beweer Marinda en Cecilia het Jarrod bevriend voordat hy vermoor is.
Die hof sou Woensdag uitspraak gelewer het oor hul borgtogaansoek, maar die aanklaer, Micky Tesner, het
gevra dat die verrigtinge uitgestel word omdat Marinda nou ook aangekla gaan word van die moord op Glen
MacGregor (57). Hy was ’n sakeman en is in Januarie op sy hoewe buite Randfontein doodgeskiet.
In die borgtogaansoek het Tesner gesê Marinda en Valentine word ook verbind met die moorde op Peter (51)
en Joan Meyer (47), bekende sakelui van Krugersdorp. Hulle is in November 2015 in hul spoghuis in
Noordheuwel doodgesteek. Daar is ’n hangende saak van die besit van dagga teen haar.
Die staat beweer sy het ’n dagga-potplant in haar woonstel gehad.
Marinda se kinders word saam met Fabian Luff (32) en Christiaan Kruger (29) daarvan beskuldig dat hulle Anthony
Scholefield (64), Kevin Mc Alpine (29) en Hanle Lategan (52) in Mei vermoor en beroof het.
Scholefield en Mc Alpine se lyke is in die kattebakke van hul motors gekry en Lategan s’n naby ’n stroompie
in Randfontein.

Rapport – 14 Augustus 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Skok oor onnie se arrestasie

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×