Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Krugersdorp: “Selfdood” bekyk

Krugersdorp: “Selfdood” Bekyk

Vyf jaar ná haar seun se “selfmoord” hoop Anne-Marie le Grange (49) opnuut op antwoorde nadat die polisie
die ondersoek na sy dood heropen het.
Dit kom nadat haar voormalige buurvroue in hegtenis geneem is as deel van ’n polisieondersoek na ’n
misdaadring in Krugersdorp. Die buurvroue, Marinda Steyn, ’n onderwyseres, en Cecilia Steyn, was groot
vriende met Le Grange se seun Lourens Swarts (22), ’n ketelmaker van Krugersdorp.
Lourens is in 2011 dood in sy wit Volkswagen Golf gevind in Kroningspark op die dorp.
Die polisie het aanvanklik gesê hy het homself vergas, maar Le Grange glo daar is meer agter die storie.
Volgens Le Grange was Lourens se woonstel vol bloed nadat sy lyk gevind is.
“Al sy besittings was rondgegooi en ek het dit vreemd gevind, want Lourens was ’n neat freak.”
Die aand voor sy dood is sy bankkaart herhaaldelik gebruik om al sy geld te onttrek.
Marinda en Cecilia staan tereg op aanklagte van onder meer sameswering tot moord, bedrog, die
onregmatige besit van ammunisie en dagga. Marinda se betrokkenheid by verskeie moorde in die omgewing
word bekyk.
“Marinda en Cecilia was groot vriende van Lourens. Ons het in dieselfde woonstelblok gebly en hulle het
baie saam met Lourens gekuier.”
Lourens het in dié tyd met die okkulte begin eksperimenteer.
“Hy het vir my gesê hulle moes demone uit iemand dryf. Hy het vertel van sataniese rituele wat hy
bygewoon het.
“Hy het ’n boek daaroor gehad wat hy gesê het Cecilia vir hom gegee het,” sê Le Grange.
Toe Lourens besluit om die okkulte te los, het vreemde goed begin gebeur, sê Le Grange.
“Hy het in 2009 die okkulte gelos. Hy was in ’n verhouding wat hom gelukkig gemaak het en het ’n nuwe
motor gehad.”
Hy was nie depressief nie en het geen tekens van selfmoordplanne getoon nie.
Volgens Le Grange het Lourens egter gesukkel om uit die okkulte te kom. “Elke aand het mense hom gebel
en gevra waar hy is en wat hy doen.
“Ek weet dit gaan nie my seun terugbring nie, maar ek wil weet wat werklik gebeur het. Ek soek net
antwoorde, want geen ma kan net aangaan as haar kind in sulke vreemde omstandighede dood is nie.”

Rapport – 28 Augustus 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Krugersdorp: “Selfdood” bekyk

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×