Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

‘Sy was stil, nes ek,’ onthou vermoorde 9-jarige se ouma

‘Sy Was Stil, Nes Ek,’ Onthou Vermoorde 9-jarige Se Ouma

Deur – Chante Daries

Ansie Koekemoer (74) onthou hoe Haar kleinkind, Michelle Koekemoer (9), en haar ouer sussie altyd op hul
fietse gery het en hoe hulle gelag het wanneer hulle by haar huis stilhou.
“Dit sal nie weer gebeur nie,” sê ’n emosionele Ansie terwyl sy afkyk. Die vel om haar kneukels raak wit soos sy haar hande klem. Michelle se ma, Soniya Koekemoer (34), het haar die afgelope week oorgegee weens die moord op Michelle met ’n wit-en-blou nylontou in hul woonstel in Helena Lochnerstraat in Vanderbijlpark. “Hoekom het sy ’n maand gewag om iets te sê? Ek sit alleen hier in my huis met die vrae wat dag en nag deur my kop gaan,” sê Ansie kopskuddend. Die eerste wat Ansie van die moord gehoor het, was toe sy op die internet ’n nuusberig gesien het oor ’n kind wat in Helena Lochnerstraat vermoor is. “Ek het koud geword toe ek verder lees en al die legkaartstukke het in plek geval. “Ek het Michelle se naam gesien. Ek kan nie beskryf hoe ek gevoel het nie,” sê Ansie.
Die rooikopmeisietjie se lykie is in haar bed gekry met haar hande na die hemel gedraai, asof sy pleit vir haar
lewe. “Sy was ’n stil kind, nes haar ouma. Ek onthou hoe sy en haar sussie altyd stilletjies die lekkergoedbottel in
die kombuis leeggemaak het en stilletjies gelag het,” sê Ansie in trane. Soniya het aanvanklik gesê sy het met ’n tou om haar eie nek langs die vermoorde Michelle wakker geword. Sy het beweer inbrekers het dit gedoen. “Haar weergawe van wat gebeur het, het net nie sin gemaak nie. “Ek kon dit nie verstaan nie,” sê Ansie.
Die Koekemoer-gesin se lewe was volgens ander inwoners van die Periston House-woonstelle ver van
sprokiesagtig. Volgens ’n inwoner wat gevra het om anoniem te bly, het hulle voor middernag op die aand van die moord harde geluide uit die Koekemoers se woonstel gehoor.
“Ons het gehoor goed val asof daar ’n stoeiery is. Dit het geklink asof iemand baklei het of swaar goed laat
val het. Ons het nie geweet wat aangaan nie.” Die inwoners het gaan kyk en Soniya in haar woonstel gekry waar sy haarself in ’n stoel in die sitkamer sit en wieg het. “Sy het haarself gewieg en sy het nie eens agtergekom dat daar mense in die kamer is nie. “Sy was nog in stukkende slaapklere. “Sy het net gesê sy weet nie wat het gebeur nie,” sê ’n inwoner wat op die toneel was. Volgens die inwoner het Michelle altyd buite op die trappe gesit en gelyk asof sy huil.
“Ek het dit altyd vreemd gevind dat die kind op die trappe sou sit met haar knieë opgetrek teen haar bors en
haar kop gebuig.”
Soniya sal weer op 11 Augustus in die landdroshof in Vanderbijlpark verskyn waar sy formeel sal pleit.

Rapport – 31 Julie 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

‘Sy was stil, nes ek,’ onthou vermoorde 9-jarige se ouma

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×