Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Laat gaan julle afgod Charlize Theron, Afrikaner

Mens sal sweer die Butterfly Effect bestaan tussen Charlize Theron se boude. Elke keer as Charlize poep dan gaan dit van ‘n klein windjie, na sosiale media storm soos dit oor die Atlantise oseaan beweeg. Teen die tyd wat dit die Suid-Afrikanse kus tref is dit ‘n tsunami. Dit nou alles oor ‘n persoon wat 31 jaar terug Suid-Afrika verlaat het. Seker oor die reuk van al die Amerikaanse celebrities wat se poepe hier geruik kan word.

Een of ander tyd in die laaste week, of wat, het Charlize Theron ‘n grap gemaak en gesê daar is net 44 mense wat nog Afrikaans praat. Soos as jy buite sit langs die braai en 1 muskiet byt jou en jy sê: “Daar is alweer duisende muskiete in die lug.”

Hehehehe hoor jy jou dronk maatjie giggel omdat jy dit heel duidelik heeltemal oordryf het, vir komedisie effek.

Het jy al ooit gehoor van ‘n podcast?

‘n Podcast is ‘n opgeneemde audio file (soms wat gepaard gaan met video) wat jy via die internet can stream. Ek het al daaroor gepraat. Deesdae is daar podcasts wat meer luisteraars kry as van die populerste media programme op die TV kry. Ek praat hier van 13-15 miljoen luisteraars per episode. Om daardie vir jou klein-oogklappie-draende-brein in perspektief te sit, Kyknet reken 308 754 mense het die premier van (God help ons), Boer Soek ‘n Vrou gekyk. Nou, as iemand wat in media monitoring gewerk het vir ‘n paar jaar kan ek jou sê dat daardie nommer baie mee gekook word want daar word allerhande belaglike aannames gemaak. Soos hoeveel mensit sit in ‘n huishouding en kyk dieselfde program. Dus oordryf hulle dikwels daardie nommer ook, vir komediese effek, seker.

Glad nie oor hulle meer geld vir advertering wil vra nie.

Nou, op ‘n podcast wat tien een een meer luisteraars het as die grootste Afrikaanse media program in die wêreld, het Charlize Theron ‘n grappie gemaak om aan te dui hoe klein taal, in terme van nommers, Afrikaans is. Kom ons wees gaaf en sê daar is 4.5 miljone Afrikaanse mense in die wêreld. Hoeveel luisteraars dink jy moet jy kry voor jou podcast kan verkoop vir $20 miljoen? Wat van $80 miljoen? Ek gaan net raai hier, maar ek reken dit is meer as ‘n miljoen mense wat gaan moet luister na jou podcast om daardie tipe deal los te slaan met Amazon. En dit is die podcast waarop Charlize Theron was toe sy haar dad-joke gemaak het. Op SmartLess podcast, wat letterlik in die komedie kategorie gehuisves word.

Ek is lief vir Afrikaans, en jy maak asof jy is

Weet jy hoe onnosel is dit om ‘n Afrikaans blog te begin? Weet jy hoe dom is dit om ‘n Afrikaanse podcast te begin? Weet jy hoe dom dit is om op Afrikaanse TV te gaan? Weet jy hoe dom dit is om te skryf vir Afrikaanse literêre publikasies? Wil jy hê ek moet vir jou nog onnosel goed noem wat ek gedoen het omdat ek lief is vir Afrikaans?

Afrikaans is ‘n ongelooflike taal. Dit kan prentjies skep met woorde soos geen ander taal nie. Afrikaans is befok, for lack of a better term. Maar, as jy wil geld maak dan is Afrikaans nie die ding om te doen nie. Behalwe as jy bereid is om jou kuns prys te gee vir die bietjie geld wat jou kant toe geskud sal word. Jy gaan moet buig sodat jou kuns in Afrikaans aanvaar gaan word deur die Afrikaners wat kwaad raak as Charlize Theron poep. Jou kuns gaan moet pas in die boksie waar Afrikaans nog toegeklooster word onder ‘n vals illusie van grootsheid. ‘n Snobistiese Afrikaans wat almal anders van buite sien as agteruit, kommin en vals. Daar is ‘n rede hoekom Fokofpolisiek, Francois van Coke geword het.

Soos die woke dogtertjies met pienk en blou hare wat sop oor kunswerke gooi en hulself vasplak aan museums se mure om aandag te rig op aardeverwarming, dit is hoe die Afrikaners voorkom wat konteks op straat los vir die verskoning om grens. Al wat daardie deurmekaar dogtertjies doen is dat hulle die van ons wat regtig omgee oor ons natuur wil begin bande brand en die oseane kook. Wat jy doen wanner jy vas skop teen dom grappe soos die een wat Charlize gemaak het, is veroorsaak dat die van ons wat nog Afrikaans help groei eerder sal gaan soek vir groener weivelde in ander tale.

Waaroor het Afrikaners om te kla?

Fokol. Niks meer spesiaal as enige ander Suid-Afrikaner nie. Almal is Suid-Afrika kan kla oor ons korrupte politici. Almal in Suid-Afrika kan kla oor misdaad. Almal in SA kan kla oor lewenskoste wat net hoër raak terwyl salarisse bly waar dit is. Almal. Net soos elke ander Suid-Afrikaner is jy net ‘n African. Jy is nie spesiaal omday jy kerk toe gaan, belasting betaal of maak asof jy ‘n Christen is nie. Elke African aan die suide punt van Afrika het probleme, regte probleme.

Al het Charlize Theron gesê: ” FOK AFRIKAANS EN FOK SUID-AFRIKA!” Wat maak dit saak? Sy is lankal hier weg. Sy is ‘n Benoni plotrot wat ontsnap het, weg van julle patete af. Al maak Charlize weer asof sy nie kan onthou hoe om Afrikaans te praat nie, wat vat dit werklik van jou af weg? Jy wat sit en pap vreet saam jou wors terwyl jy die nuutste episode van Boer Soek ‘n Vrou kyk. Jy wat ‘n video kyk van ‘n poppie met hoederdraad op haar keel getatto wat jonk genoeg is om jou dogter te wees, met jou tril in jou hand, hoekom pla Charlize se winderigheid jou so baie?

Jaloesie? Vir ‘n lewe wat jy sal haat

Al wat ek kan dink is dat jy jaloers is. Ek weet nie hoekom is jy jaloers nie. Duidelik is Charlize nie die skerpste mes in die laai nie. Sy is ‘n aktrise, en redelik gemiddeld in terme van toneelspel. Sy maak ‘n lewe deur die kuns van van ander te lees van ‘n blad af. She plays make believe for a living. Glo maak sy haar kinder geslagneutraal groot. Sy is of onnosel, of sy dink dit is iets wat sy moet sê om te doen sodat sy in woke-Hollywood nog rolle sal kry terwyl sy oud word. Oud word is gewoonlik die doodsknel vir vrouens in Hollywood se loopbane. Dit is hoe gebreek daai plek is. Charlize Theron was in Miramax films onder Harvey Weinstein. Wat dink jy moes sy doen om daardie rolle te kry? Het jy al vir Harvey Wienstein gesien?

Blykbaar het Charlize eers op 19 ‘n behoorlike greep op die Engelse taal gekry. My seuntjie praat al vlot Afrikaans en Engels vandat hy drie is. If anything, moet jy jammer voel vir Charlize Theron.

Maar clickbait is koning in 2022

Daar is hoop. Nog ‘n ex-Suid-Afrikaner is stadig besig om Twitter van die binnekant af te brand. In die era van social media krimp IKs teen ‘n kommerwekkende spoed. Joernaliste het hul siele verkoop deur clickbait te skryf oor snert, sodat hulle kan byhou by die krimpinde aandagspan wat gekweek word deur TikTok videos. Die gemiddelde woedende Afrikaner lees net opskrifte wat geskryf is met die doel om hulle te ontstel, genoeg dat hulle sal click.

Dan moet elke Jan-rap en sy maat hulle oningeligte opinie op Facebook, Instagram, TikTok, Twitter en al die ander plekke gaan smeer waar ‘n mens se IK gaan om te vrek. Hoeveel van daardie verwysings links daar bo het jy geclick? Het jy na die podcast gaan luister waar Charlize haar grappie vertel het, voor jy jou gal gaan braak het op Facebook? Ek praat met jou, Prins van Pretoria, die grootkop met ‘n enkele ertjie binne wat Afrikaans is Groot uit gekak het op die wêreld se stoep.

As daar nou al ooit ‘n rede was hoekom Afrikaans moet vrek, is dit Afrikaans is Groot. Oor Boer Soek ‘n Vrou ooit die populërste Afrikaanse program was. Oor die girl met die hoenderdraad op haar keel se YouTube videos views kry. Oor JULLE die heeltyd Afrikaners wil uitbeeld as onnosel, kommin en agteruit.

Afrikaans gaan piekfyn wees, sonder julle

Maar Afrikaans gaan verander. Dit het reeds verander. Ek het al jare terug gesê Afrikaans is dood, voor Jack Parow en voor Charlize Theron. Afrikaans is nie meer suiwer nie, en sal nooit weer wees nie. Afrikaans gaan die wêreld in vaar soos meer en meer van die ingeligde Afrikaners hul sakkies pak en fokof weg van die ball en chain wat ons hier probeer hou om die land te red. Ons gaan net ons Afrikaans-pie vat en waai. En dan gaan Afrikaans weer heeltemal verander, soos dit het in Argentinië.

En jy gaan niks daaroor kan doen nie, net soos jy, die DA, Marianne Thamm en ek niks gaan kan doen oor Charlize Theron nie. Ek hoop sy maak ‘n openbare verklaring, sommer op Twitter. Die korste sin in die Bybel is “Jesus wept.” en ek hoop Charlize se verklaring is nog korter en reguit gerig op die wat gegrens het oor haar kak grap: “FOKOF.”

The post Laat gaan julle afgod Charlize Theron, Afrikaner appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Laat gaan julle afgod Charlize Theron, Afrikaner

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×