Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Covid vat my nou, ek is ‘n Halsey fan

Die plan was om hierdie stuk heeltemal anders te begin. Dit sou ‘n baie vlugtige verduideliking gewees het van hoe min ek weet van Halsey. Hoe sy op die oppervlak vir my maar baie soos meeste “From-Soundcloud-to-mainstream” popstars lyk. Jou tipiese industry plant wat dieselfde snif in die neus gee as Lana Del Ray, Lady Gaga, Taylor Swift onige ander van daardie bubblegum-pop-kots-in-‘n-tuimeldroër-vibes.

Maar… ek doen my navorsing. Want ek is nie ‘n doos nie, en ek like om my fights met feite te wen. En boy oh boy, was ek verkeerd.

Van Soundcloud tot Nine Inch Nails

Die rede hoekom Halsey skielik my aandag gekry het is omdat sy ‘n nuwe album maak en Trent Reznor en Atticus Ross is die producers van die album. Trent Reznor weet van bubblegum-pop-kots-in-‘n-tuimeldroër-vibes en hy was al baie vocal oor sy gevoel oor musiek as ‘n “manufacturing industry”. Toe hy homself heg aan ‘n Halsey projek, toe is ek dadelik geintreseerd.

Nine Inch Nails is die band wat my laat besef het dat elektroniesemusiek, ook musiek kan wees. Ek het altyd gedink “digital” music is net snert. Kak songs, met kak lirieke, kak vocal en ‘n spul Autotune. Maar Trent Reznor se musiek het my laat besef dat “digital” ‘n ongelooflike instrument of tool kan wees om musiek mee te maak.

Nie net is If I can’t have Love, I want Power ‘n album nie, maar die musiek gaan ook feature in ‘n fliek wat sy geskryf het en ‘n rol in speel. Trent Reznor en Atticus Ross het al ‘n hele paar uitstekende Original Soundtracks gedoen vir films. Dus was ek nou nog meer geintreseer.

Die dag toe die trailer drop het ek baie gemengde gevoelens gehad. Die musiek was true Trent Reznor, maar die vocals is pop. Nie te min, ek was skielik opgewonde vir die album se release op 27 Augustus.

Navorsing jou bliksem

Die 27ste November is naby. Ek sit dus en skryf iets oor die album wat kom en ek wat gemengde gevoelens het oor dit ‘n mengsel van Trent Reznor/Atticus Ross en Halsey gaan wees. Ek skryf nog die grap: “With the release of this album, Halsey officially becomes the sexiest instrument that Trent Reznor has ever played.”

Maar om regtig iets te kan spot, moet jy dit ken. Ek que dus so paar van haar albums op, en vra vriende wat van haar musiek like om vir my voorstelle te stuur. Dit is baie pop, en ek voel vuil. Ek besef dadelik dat hierdie vir my moeilik gaan wees. Ek werk my pad deur Room 93, en volgende op die luister lys is Badlands.

Daar is verseker ‘n donkerder gevoel aan Room 93, en Badlands begin met ‘n baie industrial-gevoel beat. Ek is ingesuig, maar haar stem gooi my af. Ek fokus op die lirieke

Now my neck is open wide, begging for a fist around it. Already choking on my pride, so there’s no use crying about it.

Toe die derde song “New Americana” begin speel drop die penny uit die Stratosfeer reg op my kop. Koël deur die kerk ek wil meer weet oor hierdie dame.

Ek is nogaltyd ingesuig deur Americana. Ek weet nie hoekom nie, miskien is dit soos Fokofpolisiekar se lirieke gesê het van my generasie: “Ons almal werk saam aan Afrikaans-Amerika”. In “New Americana” sing Halsey:

We are the new Americana
High on legal marijuana
Raised on Biggie and Nirvana
We are the new Americana

Toe val alles in plek. Ek kan relate, en daar was nog baie ander lirieke deur die album wat my so laat voel het. Al is Halsey 9 jaar jonger as ek, voel dit vir my asof ons dieselfde generasie is. Ek weet eintlik nogsteeds baie min oor Halsey, maar sy is vir my 100% meer interesant as wat sy was 48 uur gelede. Ek is nou actually moerse opgewonde oor die nuutste Halsey album. Nie meer net geintriseer nie, maar ek wil sommer die fliek kak en interviews met haar begin lees.

Lyk my in die wêreld van pop (of wat altyd pop was) is die gesegde van stille waters, diepe grond ook waar. Die vast majority is steeds watertrash, maar Halsey is nie in daardie kategorie nie. Duidelik gaan daar meer in haar kop aan as wat ek gedink het, en dit wys hoe min daar in my kop aangaan.

Dit is duidelik dat sy ook slightly unhinged is, soos meeste van die mense wat se werk ek geniet (hoes-hoes-Trent-Reznor-hoes). Haar lirieke is soms baie donker, maar jy kan sien dit is deurgedink. Die pop steek diepte so goed weg dat ek moes gaan soek daarvoor. Presies hoe ek van my musiek hou. Ook, die song “Drive” op Badlands begin met dieselfde oop-kar-deur-bong-geluid-sample as Queens of the Stone Age se Songs for the Deaf album.

The post Covid vat my nou, ek is ‘n Halsey fan appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Covid vat my nou, ek is ‘n Halsey fan

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×