Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Koos Kombuis By Die Eerste Park Acoustics Van 2020 [Onderhoud]

Park Acoustics, 2 Februarie 2020

Ek het by Koos Kombuis ingeloer om te hoor waarmee hy alles besig is en wat hy beplan vir sy optrede die Sondag:

Die nuwe dekade is in volle swang! Wat is ‘n paar hoogtepunte van die vorige een wat jou altyd sal bybly?

Die laaste Park Acoustics waar ek opgetree het! Ek is elke keer verstom oor die entoesiasme van die crowd by Park Acoustics. Dit lyk asof hulle elke band inspireer om huller absolute beste te lewer.

Awesome! En wat is ‘n paar lesse wat jy geleer het die afgelope 10 jaar?

Ek het geleer om myself nie te ernstig op te neem nie, en om nie meer kwaad te wees vir mense, behalwe natuurlik die regering. Vir hulle moet mens altyd kwaad wees.

Natuurlik! En dink jy daar is ‘n kans op ‘n nuwe album vir die nuwe dekade?

Ek sou graag wou, maar aangesien ek self my albums borg is ek nie nou in staat om ‘n nuwe album uit te bring nie. Dan is daar die kwessie dat CD’s op pad uit is. Dalk moet ek net my songs op Youtube sit elke keer as ek iets nuuts skryf! Dis verniet!

Mense sal koop! So, behalwe musiek, waarmee is jy alles besig op die oomblik?

My weirdste boek ooit verskyn in April. Moet dit asseblief nie koop nie. Niemand gaan dit verstaan nie.

Oe, sien uit. Ek loer so af en toe op jou Instagram en is mal oor alles wat jy post. Wat inspireer jou deesdae om kreatief te wees?

Ek gebruik Instagram hoofsaaklik om my visuele kuns te adverteer en te bemark. Ek is nie die beste kunstenaar in die wereld nie, maar ek geniet dit geweldig. As ‘n mens ‘n paar ekstra rand kan maak uit ‘n stokperdjie, hoekom nie?

Nou oor na Park Acoustics. Hoeveelste een is hierdie vir jou? En waarom dink jy is dit so n gewilde event?

Ek het geen idee by hoeveel Park Acoustics konserte ek al was nie, ek het nie getel nie. Ek is net baie bly hulle nooi my nog! Dit word elke keer net lekkerder!

Haha! So, hoekom moet iemand wat nog nooit by ‘n Park Acoustics was nie, spesifiek na die een toe kom?

Daar’s ‘n paar nuwe ouens op die lineup wat baie interessant klink, en ook ‘n paar golden oldies wat mens beslis weer moet sien as jy die kans kry!

Is daar enige van die ander bands wat speel wat jy nog nooit live gesien het nie, wat jy die keer sal wil kyk?

Ek is nogal nuuskierig oor daai Piet Die Ruiter kêrel…

Laastens, wat beplan jy vir die jaar? Miskien nuwe musiek? Ek het gesien jy speel ook n hele paar ander cool shows?

O, ek het lekker shows wat voorlê in sulke wyd uiteenlopende plekke soos Upington, Café Barcelona, die Silverstar Barnyard, en baie ander. Maar Park Acoustics is die belangrikste! Sien julle Sondag!

Kry kaartjies:

R100 Student tickets
R145 Early Bird
R165 Online (www.parkacoustics.co.za)
R185 Gate

The post Koos Kombuis By Die Eerste Park Acoustics Van 2020 [Onderhoud] appeared first on Dirty Pink City.



This post first appeared on Dirty Pink City, please read the originial post: here

Share the post

Koos Kombuis By Die Eerste Park Acoustics Van 2020 [Onderhoud]

×

Subscribe to Dirty Pink City

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×