Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Jack Parow gesels oor Park Acoustics se 100ste verjaarsdag

Park Acoustics se 100ste verjaarsdag met Jack Parow en meer

Maak gereed vir die grootste Park Acoustics nog! 

Park Acoustics en Pringles vier op 1 Desember hul 100ste Sondagkonsert met ‘n MASSIVE lineup. Dit bestaan ​​uit The Narrow (met Hanu wat van NZ af vlieg), Jack Parow (wat die oggend uit Nederland vlieg), Gereformeerde Blues Band (met hul 30 jaar herdenking van ‘Eet Kreef’ en ‘Voelvry’), BCUC (vars vanaf die Europese circuit) en nog vele meer!

Park Acoustics verkoop tans 1000 kaartjies teen R100 elk om hierdie special 100ste event te vier! Maak seker jy koop NOU, want dit gaan uitverkoop.

Ek het in ‘n kort onderhoud met Jack Paorw gesels Oor Park Acoustics en wat hy alles beplan vir Desember en 2020:

Jy is of nou in Nederland of jy is al terug. Hoe was Parow Fest?

Ek is nou op pad. Sien baie uit en het actually gister uitgevind dat dit uitverkoop is, so nou is ek nog MEER amped! Gaan crazy wees. Dis vir my so cool en mal om my eie festival te kan hê in n ander land en dan verkoop dit nog uit ook nog. Voel geëerd!

Dis awesome! So, jy was nou op die TV vir ‘n tyd, jy het ‘n hele paar amazing shows gespeel die jaar en het ‘n bietjie getravel. Waarmee is jy nog besig op die oomblik?

Ek het nou n mal toer tyd op pad: Nederland, London en dan terug hiernatoe vir soos 15 shows oor Desember. So, vir nou konsentreer ek baie daarop. Maar die einde van die jaar is dit 10 jaar vandat ‘Cooler as Ekke’ gedrop het! So, ek doen klomp cool stuff rondom dit van limited-edition Jägermeister bottels tot nuwe musiek.

Klink lekker. Jy het ‘n lekker nuwe song, Springbok Warriors, uit. Het jy dalk geweet die bokke gaan wen? 

Haha! Natuuuuuurlik het ek gewee. Come on! Ek het van die begin af geweet! Ja nee, na die Wales game was ek n dop of twee diep en toe besluit ons ons gaan nou reguit studio toe en maak ‘n song. Nie eers gedink ons sal dit release nie, sommer net vir gees, maar toe kom dit so lekker uit. Die bokke het dit actually geluister reg voor hulle op die veld gegaan het en ook na die game n paar keer. Dis regtig ‘n eer dat hulle dit so baie like en ek is bly ek kon hulle darem hopelik so bietjie extra gees gegee het.

Haha, dis great! Jy het so bietjie meer as twee jaar terug Afrika 4 Beginners release. As jy nou weer ‘n nuwe album release, wat dink jy gaan die theme rondom dit wees, en saam met wie wil jy graag werk?

Ek is op die oomblik besig om aan nuwe musiek te werk, maar ek skryf sommer net musiek op die oomblik. Ek dink die vibe sal kom uit die proses, soos dit gewoonlik doen en so ook die colabs. Ek het al so paar lekker colabs in die pyplyn, maar gaan dit eerder n surprise hou. Dis lekkerder so.

So, jy is deel van Park Acoustics se 100ste event. Dis amazing! Wat dink jy maak hierdie event so gewild?

Dis net so n cool vibe altyd, man. Ek het nou al n paar keer daar gejol en dis altyd befok. Mense het gees, drank loop en die meisies is mooi. Wat meer wil jy hê? Ons musikante is eintlik maar net background teen die res van die gevaarlikheid!

Haha! Nou, hoeveel keer was jy al op die Park Acoustics lineup en wat van hierdie event maak dit vir jou special?

Fok, ek weet nie, like 4 of 5 of 6 keer. Elke keer was crazier as die vorige keer en dis wat dit special maak. So, special dat ek fokol kan onthou na die tyd! Dis n lekker special daai.

En wie anders op die lineup is jy baie excited om te sien?

Solank ek kan sien teen die tyd wat hulle speel, is excited om hulle te sien.

Maak sin! Share asseblief een van jou songs wat jy dink die beste voorsmaak is vir jou show by Park Acoustics.

Wat is jou planne vir Desember? Is daar ‘n toer na die Suid-kus?

‘n Moerse toer. Gaan maar op my Instagram of Facebook of my website en check die dates. Ons gaan gooi!

En finally, wat beplan jy vir 2020?

‘n Tien jaar celebration vir ‘Cooler as Ekke’ met allerhande lekker giftige goed. Nuwe musiek. Meer pret. Meer hangovers. Meer moeilikheid! xxx

Park Acoustics details

Datum: Sondag, 1 Desember 2019

Waar: Voortrekker Monument, PTA

Toegang: R100 Spesiale kaartjie (1000 beskikbaar), R150 Early Bird (500 beskikbaar) of R175 aanlyn HIER of R200 by die hek.

The post Jack Parow Gesels Oor Park Acoustics se 100ste verjaarsdag appeared first on Dirty Pink City.



This post first appeared on Dirty Pink City, please read the originial post: here

Share the post

Jack Parow gesels oor Park Acoustics se 100ste verjaarsdag

×

Subscribe to Dirty Pink City

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×