Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Fokofpolisiekar en Fokof Lager by Capital Craft Beer Fest

Capital Craft Beer Fest 2019

Kry jou vriende bymekaar, koop jou kaartjies en maak reg vir die jaarlikse Capital Craft Beer Fest op die 15de Junie 2019 by die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine. Oor die afgelope paar jaar het die fees ‘n groot hoogtepunt vir mense regoor Gauteng geword. Hierdie is die sewende keer wat die fees gehou word en die een kan nie gemis word nie! Die organiseerders hoop om die jaar 10 000 bier en musiekliefhebbers in die pragtige Botaniese Tuine te verwelkom.

Hierdie jaar gaan Fokofpolisiekar nie net by Capital Craft speel nie, maar hulle gaan ook hulle bier daar hê en nog ‘n paar ander verrassings. Ek het ‘n bietjie met die ouens gesels om meer uit te vind oor wat ons kan verwag van die jaar se fees.

Ek moet heel eerste vra, wie het die ‘Fokof Lager Creed’ geskryf?

The one-and-only Hunter Kennedy!

Of course! Geluk met julle nuwe bar. Ek sien julle het reeds ‘n hele paar great reviews gekry. Ek het gehoor julle het lank aan dit beplan. Wie het eerste met die idee opgekom, wat is op die menu en is daar (dalk!) planne vir een in Kaapstad?

Wynand en een van ons Pretoria partners, Robert Pereira, het al vir ‘n paar jaar oor die moontlikheid van ‘n Fokof kroeg gepraat. In 2017 het ons as band members al hoe meer oor die idee begin praat. Begin 2018 het ons toe ‘n meeting met Robert en Tanje gehad en die bal was aan die rol gesit.

Ons kry baie ‘requests’ op social media dat ons een in Bellville moet oopmaak, maar ons is nog nie convinced dat dit ‘n goeie business move is nie. Om ‘n kroeg oop te maak en ‘n sukses daarvan te maak is moeilik. So, alhoewel ons graag een in elke stad sal wil oopmaak, moet ons ons emosies op ys sit en realisties na dit kyk. Daar is ook nie ‘n Robert en Tanje in Bellville nie.

Ons kos is baie eenvoudig, maar awesome en bekostigbaar. Ek het al ‘n vegetarian burger by vele plekke probeer en ons een het nog elke keer gewen! Sien die menu onder:

Nice! So, is Fokof Bar ‘n chill kuierplek of ‘n rowwe bar, en is daar, of beplan julle om, live musiek daar te host?

Dis ‘n chilled vibe! Die goal is om ‘n veilige plek te skep waar mense kan ontspan en lekker kuier. Op die oomblik praat ons van acoustic aande. Ons sal graag ‘n platform wil bied waar upcoming kunstenaars hulle talent kan showcase. Meer info oor dit soon.

Julle is by die Capital Craft Beer Festival die jaar. Dit lyk of dit groter as die vorige jare gaan wees! Behalwe vir julle set en die Fokof Lager, gaan julle enige special treats/merch daar hê, dalk limited edition bottels of blikkies, Fokof Lager glase of so iets?

Ons is baie excited vir die jaar en ons kom met guns blazing! Aangesien ons optree, gaan die hele band die dag by ons bar en lounge area deurbring. Ons gaan ook ‘n volle merchandise winkel opsit met klomp Fokofpolisiekar merchandise en nuwe stuff. Ons gaan ook ons eerste bier ooit weer vir die fees beskikbaar hê. Dit is ‘n Blonde Ale met die naam Dagdronk. Ons gaan ook weer die Snakehead Snakebite te koop hê. Vir beide van hulle gaan ons ook T-shirts te koop hê. So, daar gaan baie wees om te proe, te sien, te koop en vas te hou. Die beste is om ‘n draai by ons area te kom maak.

Awesome! So, vir wie is Fokof Lager gemaak? Wie is die target market?

Vir enige iemand wat hou van ‘n premium locally-brewed lager.

En waarom moet iemand wat dit nog nooit geproe het nie, defnitief een kom kry by die festival?

Fokof Lager is loshande een van die beste lagers wat jy ooit sal proe. Dan is dit ook in die hart van Kaapstad gemaak met die beste ingredients moontlik en met vreeslik baie liefde.

Nou ‘n bietjie musiek. Werk julle aan enige iets nuuts? Ek het erens gelees julle beplan dalk iets vir volgende jaar?  

Op die stadium ongelukkig nie, maar daar gaan defnitief iets nuut saam met ons 2019 Fokof Doos release uitgesit word. Dan kyk ons na ‘n paar live song releases vir streaming. Ons het mooi opnames van ons Kirstenbosch show vroeër die jaar gemaak.

Tussen al julle songs oor die jare, hoe kies julle ‘n setlist? Doen julle dit volgens crowd/event of doen julle wat julle wil?

Dit is meestal wat ons wil speel, maar daar is so baie go-to songs wat mense wil hoor, dat hulle maar altyd hulle plek terug in die set maak. Die jaar het ons begin om weer songs in die set te sit wat ons jare laas gespeel het. Fokof is 16 vanjaar en ons is besig om na ons Sweet 16 partytjie op te bou. Vir daai show op 13 Julie gaan ons ‘n twee ure career-spanning set speel, so ons is besig om reg te maak vir dit.

Ek het gesien, ja. Lyk baie cool! Hoekom is Capital Craft Beer Festival ‘n great event om ‘n show van julle te gaan kyk?

Nie seker of dit ‘n beter plek/event as enige ander is nie, maar daar gaan defnitief baie bier wees om te drink. Ook behoort daar 8000+ mense die dag by te woon, so die vibe gaan great wees.

So, bier, bar, wat is die volgende groot ding waaraan julle werk?

Nuwe musiek!

Capital Craft Beer Fest 2019

Datum: Saturday, 15 June 2019

Plek: Pretoria National Botanical Gardens, Pretoria

Tyd: 10H00 – 19H00

Prys: R140 – R200

Kry kaartjies: Buy Tickets

The post Fokofpolisiekar en Fokof Lager by Capital Craft Beer Fest appeared first on Dirty Pink City.



This post first appeared on Dirty Pink City, please read the originial post: here

Share the post

Fokofpolisiekar en Fokof Lager by Capital Craft Beer Fest

×

Subscribe to Dirty Pink City

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×