Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

‘n Web van leuens en lyke

‘n Web Van Leuens En Lyke

Die man wat glo sy eie dood versin het om ’n lewenspolis te eis, word nou verdink Van Twee Ander moorde.
Zak Valentine (31) en sy “lewensmaat”, Marinda Steyn (50), word verbind aan die moorde op ’n gesiene
paartjie van Krugersdorp, het die landdroshof in Krugersdorp Dinsdagmiddag gehoor.
In ’n bisarre wending word ’n hele rits hoëprofielmoorde aan die Wes-Rand met mekaar verbind.
Die wydverspreide web van moord en verraad het alles begin ontrafel toe vier jong mense in Junie aangekeer
is vir die trio opspraakwekkende “afspraakmoorde”.
Rapport het vroeër berig dié vier word met twee ander misdade verbind, maar dit was net die begin van die
ontrafeling.
Marinda Steyn, ma van twee van die beweerde afspraak-moordenaars – Le Roux (20) en Marcel (18) – het
ontpop as ’n sentrale figuur in die misdaadweb. Dié onderwyser aan ’n hoërskool in Krugersdorp is nie net in
hegtenis geneem weens die besit van ’n daggaplant in haar woonstel nie, maar later ook weens bedrog.
Mense wat haar ken, sê aan Rapport sy is Valentine se lewensmaat en die staat beweer Marinda was deel van
sy komplot om iemand anders te vermoor terwyl hy voorgee dat dit hy was wat in die motor verkool het.
Die motief was glo ’n lewenspolis van R3,57 miljoen by sy vorige werkgewer, Discovery. Marinda sou glo
Valentine se lyk in die Vrystaat gaan uitken en sê dit is haar broer.
Marinda en haar vriendin Cecelia Steyn (35) het Dinsdag weens dié misdade in die landdroshof verskyn.
Cecelia het in die beskuldigdebank gesit met ’n suurstofmasker omdat sy aan ruimtevrees ly.
Die verklaring van die ondersoekbeampte wat voorgelees is, het egter hofgangers na hul asem laat snak. Le
Roux se naam het weer opgeduik, nie weens die afspraakmoorde nie, maar omdat hy glo ook deel was van
die Valentine-bedrogspul deur sekere oproepe oor die polis te maak.
Marinda en Cecelia word ook aangekla van sameswering
tot moord op Jarrod Jackson, die hawelose wat eintlik in die motor verkool het.
In hul borgtogaansoek het die staat nóg ’n bom gelos: Die staat staan hul borgtogaansoeke teen, onder meer
omdat Marinda en Valentine ook verdink word van twee ander moorde.
Peter (51) en Joan Meyer (47) van Noordheuwel, Krugersdorp, is in November verlede jaar vermoor. Die
Meyer-egpaar was besig met ’n eiendomsontwikkeling in KwaZulu-Natal van R120 miljoen. Daar is baie
bespiegel oor die motief vir dié gesiene egpaar se moorde. Daar was geen gedwonge toegang tot hul huis nie
en net ’n beursie en selfoon is gesteel.
Marinda voer in haar borgtogaansoek aan sy moet vrygelaat word sodat sy verder kan skoolhou. Volgens
Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, ag hulle haar onskuldig totdat sy
skuldig bewys word. “Die opvoeder sal nog op die departement se betaallys wees totdat die hofsaak
afgehandel is.”
’n Laaste vreemde kinkel: Rapport het vasgestel Valentine se destydse vrou, Mikeila Valentine (25), was een van die
lede van Overcomers Through Christ, ’n sendinggroep wat hulle beywer om satanisme teen te werk, wat in 2012
vermoor is. Sy is in Oktober 2012 in die egpaar se huis in Ruimsig aan die Wes-Rand doodgesteek.
Past. Reg Bendixen (75), leier van die groep, Natacha Burger (31), ’n prokureur, en Joy Boonzaaier (68), ’n
pensioenaris wat Burger se vriendin was en nie deel van die sendinggroep nie, is almal in 2012 vermoor.
Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, is mense in hegtenis geneem, maar vrygelaat
“weens ’n gebrek aan bewyse”

Rapport – 7 Augustus 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

‘n Web van leuens en lyke

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×