Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Polisie kry gewere in onnie se tuiste

Die Polisie het Vrydag vyf pistole, ’n haelgeweer en ’n aanvalsgeweer gekry in die woonstel van die 50-
jarige onderwyseres van Krugersdorp wat in verband met moord aangehou word.
Dit kom nadat die polisie vroeër ook beslag gelê het op patrone toe hulle ’n stoorkamer in haar klas by die
Hoërskool Jan de Klerk in Krugersdorp deurgesoek het.
Marinda Steyn (50) is tans in die selle nadat sy weens bedrog, sameswering om ’n moord te pleeg en besit
van dagga in hegtenis geneem is.
Sy het Vrydag die polisie na haar tuiste by Cosanna-woonstelle in Burgerstraat geneem waar die wapens toe
gevind is, het kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, gesê.
Marinda se kinders, Le Roux (20) en Marcel Steyn (18), word aangehou in verband met die
“afspraakmoorde” vroeër vanjaar toe ’n eiendomsagent en twee versekeringsmakelaars in Krugersdorp met
afsprake na openbare plekke gelok en vermoor is.
Marinda word saam met Cecilia Steyn (35) aangekla dat hulle Zak Valentine (31) gehelp het om sy eie dood
te versin.
Valentine is vroeër in hegtenis geneem terwyl hy kos vir haweloses uitgedeel het. Dit was nadat ’n verkoolde
lyk in Desember in sy uitgebrande motor gekry is.
Dié lyk is later geëien as dié van Jarrod Jackson, ’n straatsmous wat
goedere naby Marinda en Cecilia se woonstelle verkoop het.
Cecilia het aan Huisgenoot gesê sy het eers ná Valentine se “dood” gehoor sy is die enigste begunstigde van
’n lewenspolis in sy naam.
“Ek glo hy het my benoem omdat hy nie meer ’n verhouding met sy ouers gehad het nie,” het Cecilia gesê.
Die staatsaanklaer het vroeër
gesê die polisie ondersoek ook
Marinda en Valentine se beweerde betrokkenheid by die moorde op Peter (51) en Joan Meyer (47).
Die Meyers is in November 2015 in hul spoghuis in Noordheuwel,
Krugersdorp, doodgesteek.
Marinda gaan ook aangekla word op die moord van Glen MacGregor, ’n sakeman van Randfontein wat in
Januarie vanjaar doodgeskiet is, het die aanklaer, Micky Tesner, in die hof gesê.
Volgens Ernst herbekyk polisie 11 onopgeloste moorde aan die Wes-Rand en in Centurion as deel van hul
ondersoek oor Steyn en Valentine se doen en late.
Dit sluit beweerde okkultiese moorde in wat in 2012 gepleeg is.
Pastoor Reg Bendixen (75) van die Overcomers Through Christ-groep, Natacha Burger (31), ’n lid van die
groep, haar buurvrou, Joy Boonzaaier (62) en Zak se eksvrou, Mikeila Valentine (25), is almal in
raaiselagtige omstandighede vermoor.

Rapport – 21 Augustus 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Polisie kry gewere in onnie se tuiste

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×