Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Hy’s net ‘n slagoffer, sê skoonma

Hy’s Net ‘n Slagoffer, Sê Skoonma

Daar ís toe skoonma’s wat hul skoonseuns ten alle koste die voordeel van die twyfel gee, het die bedrog- en
moordverdagte Zak Valentine die afgelope week uitgevind.
Valentine (31), ’n oudmakelaar van Krugersdorp, is verlede jaar “begrawe” nadat hy kwansuis in Petrus
Steyn in die Vrystaat in sy motor verkool het.
Hy is egter gearresteer nadat hy ’n polis van R3,57 miljoen op sy eie lewe by Discovery, sy vorige
werkgewer, probeer eis het.
Dít was drie jaar nadat sy vrou, Mikeila (25), in ’n reeks beweerde sataniese aanvalle wreed in hul huis in
Ruimsig, Roodepoort, vermoor is.
Mikeila se ma, Ilse van Dijk, sien Zak nie as ’n skurk nie, maar as ’n slagoffer, het sy aan Rapport gesê.
“Ons sal nog altyd lief bly vir Zak. Ons is bly hy lewe nog.”
Die staat beweer Zak het in Desember 2015 saam met Jarrod Jackson, ’n straatsmous, Petrus Steyn, toe gery
waar hy Jackson glo vermoor het. Jackson is glo in Zak se Mercedes-Benz sitgemaak en aan die brand
gesteek.
Die staat beweer Zak wou sy eie dood veins.
Zak het glo een van sy vriende se ID’s gesteel en as Jacques en soms Michael de Villiers geleef.
Dit traak Van Dijk min. Is sy geskok dat haar skoonseun nog leef? “Nee. Die Here sal sy pad oopmaak. Zak
is ’n slagoffer in die hele ding en dis maar net die begin. Daar gaan nog baie meer uitkom,” het sy gesê.
Zak word van moord en bedrog aangekla, terwyl Marinda Steyn (50) en Cecilia Steyn (35), ook van
Krugersdorp, daarvan beskuldig word dat hulle Zak gehelp het om sy dood te veins.
Cecilia was na bewering die enigste begunstigde van die groot lewenspolis. Zak het glo gesê Cecilia is sy
“lewensmaat” terwyl Marinda “Zak” se lyk in Petrus Steyn moes gaan uitken.
Nou is nóg twee verdagtes by die bedrogspul betrek.
Le Roux Steyn (20) van die sogenaamde Krugersdorp-afspraakmoorde en John Barnard (40), ’n
familievriend van die Steyns, word ook van onder meer moord, bedrog, sameswering tot moord, roof met
verswarende omstandighede, die besit van onwettige ammunisie en die besit van onwettige vuurwapens
beskuldig.
Le Roux en Barnard word ook saam met Marinda aangekla weens die moord op die rekeningkundige Glen
MacGregor (57) wat in Januarie 2016 op sy kleinhoewe in Randfontein doodgeskiet is. MacGregor het ’n
onderneming naby aan die Steyns se woonstel in Krugersdorp gehad.
Die voorlopige klagtes teen Marinda, Le Roux en Barnard in die MacGregor-saak is moord en roof met
verswarende omstandighede.
Die polisie het verlede week op onwettige vuurwapens enammunisie in die Steyns se woonstel beslag gelê.
Een van die pistole wat in die woonstel gevind is, word glo met die moord op MacGregor verbind.
Marinda en Zak word ook verbind met die moorde op die bekende sake-egpaar Peter (51) en Joan Meyer (47)
wat in November 2015 in hul spoghuis in Noordheuwel doodgesteek is.
Zak, Le Roux en Barnard verskyn weer op 3 Oktober in die landdroshof in Krugersdorp.

Rapport – 28 Augustus 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Hy’s net ‘n slagoffer, sê skoonma

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×