Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

‘Moord of te nie, God gaan groot goed doen’

‘Moord Of Te Nie, God Gaan Groot Goed Doen’

Die vriendin van Zak Valentine (31), die man wat glo sy eie dood versin het vir ’n lewenspolis, pak die skuld
op “die bose” wat werk om sy lewe te verwoes.
Elzaan Nel (36) sê Valentine is nie die monster wat daar beweer word hy is nie.
“Ek ken hom nou vyf maande lank en die man wat ek ken, het ’n hart van goud. Hy is mislei om iets te glo
wat nie die waarheid is nie,” sê Nel.
Die staat beweer Valentine het in Desember 2015 saam met Jarrod Jackson, ’n straatsmous, na die dorpie
Petrus Steyn in die Vrystaat gery waar hy Jackson vermoor het. Jackson is na bewering in Valentine se
Mercedes-Benz sitgemaak en aan die brand gesteek. Die staat sê Zak het sy eie dood versin vir ’n Discoverylewenspolis van R3,57 miljoen.
Marinda (50) en Cecilia Steyn (35) word daarvan beskuldig dat hulle Zak se medepligtiges was.
Cecilia was na bewering die enigste begunstigde van die lewenspolis en Marinda moes die lyk gaan uitken in
Petrus Steyn.
Maar Nel sê dié bewerings het haar nie afgeskrik nie.
“Ek het dieper gekyk en ek het die goed in hom gesien. Ek het daardie goedheid ervaar. Ek glo die Here gaan
Zak sterker maak vir die werk wat hy vir God gaan doen. God gaan nog groot goed doen in sy lewe. Ek gaan
hom bystaan tot die einde toe, want hy het ondersteuning nodig.”
Nel het Valentine leer ken toe hy in Mei by die Kia Kaha Ministeries se gemeenskapsentrum opgedaag het en
na blyplek gesoek het. Valentine het homself voorgestel as Michael de Villiers.
“Hy het op straat gebly en toe kom hy na ons toe. Hy het so vinnig deel geword van die bediening dat hy
Woensdae saam met ons gegaan het wanneer ons kos gaan uitdeel aan die hawelose mense in die strate. Hy
was baie goed met die mense. Jy hou sommer onmiddellik van Zak as hy met jou praat,” sê Nel.
Dit was op 26 Junie dat alles verander het toe Valentine in hegtenis geneem is terwyl hy kos uitgedeel het aan
haweloses.
Nel was eers geskok toe sy uitvind die man met die sjarmante glimlag se naam is nie Michael de Villiers nie,
maar sy het besluit om hom by te staan.
“Natuurlik was dit ’n groot skok, want ek was daar toe hy gearresteer is en toe vind ek uit Michael is nie sy
naam nie. Dit was baie om in te neem, maar nou kyk ek verby dit.”
Nel, wat sedertdien elke Dinsdag by die Krugersdorp-gevangenis vir Valentine gaan kuier, hofverskynings
bywoon en soms sy klere vir hom was, sê Valentine se geloof is baie sterk.
“Hy is baie positief in die tronk en hy bly op sy knieë. Hy weet sy geloof gaan hom deur hierdie moeilike tyd
dra.
“Ek is baie trots op hom, hy is ’n sterk persoon.”

Rapport – 18 September 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

‘Moord of te nie, God gaan groot goed doen’

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×