Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Vrou se DNS by pastoor se lyk.

Die DNS van die beweerde baasbrein agter die Krugersdorp-afspraakmoorde is volgens die polisie op nog ’n
moordtoneel gevind.
Cecilia Steyn (35), een van die beskuldigdes in die berugte web van Krugersdorp-moorde, se DNS is in 2012
gekry op die toneel waar pastoor Reg Bendixen vermoor is. Bendixen was een van vier slagoffers van die
sogenaamde “moorde vir Satan”. Die ander drie slagoffers was almal lede van Overcomers Through Christ,
’n Christelike groep wat mense uit die okkulte wil bevry. Bendixen is destyds vermoor nadat hy dié groep
toegespreek het.
Steyn is in Julie in hegtenis geneem kort nadat ’n reeks moorde op twee versekeringsmakelaars en ’n
eiendomsagent Krugersdorp geruk het.
Twee van die vermoordes is in hul motor se kattebak gekry. Almal is dood nadat hulle vir afsprake met
kliënte opgedaag het.
Steyn se eerste borgtogaansoek het misluk, en sy het Donderdag ’n tweede keer aansoek gedoen. Sy beweer
sy is in die tronk aangerand en dat sy wurms in haar kos gekry het.
Haar ma, Mara Brandt, het buite die hof gesê sy meen dit sal beter wees as haar dogter nie borgtog kry nie,
maar sy wou nie verduidelik waarom nie.
Die staatsaanklaer Micky Tesner het in die hof gesê Steyn gaan teregstaan op sewe aanklagte van moord.
Haar beweerde slagoffers is Peter en Joan Meyer, Anthony Scholefield, Hanle Lategan, Kevin McAlpine
asook Jarrod Jackson en Glen MacGregor. Altesame vyf ander mense is ook in verband met van die moorde
aangekeer.
Steyn het gesê sy sal ná borgtog by Flip Jacobs, ’n familielid, woon, maar die aanklaer het gesê daar is ’n
moontlikheid dat hy ook in hegtenis geneem kan word in verband met een van die moorde.
Tesner het ook in die hof onthul daar was ’n sameswering om kapt. Ben Booysen, die ondersoekbeampte, te
laat doodmaak.
Die staat voer aan Steyn se man, Andries, het ’n Nigeriese man R1 miljoen aangebied om Booysen te
vermoor.
Steyn het in die hof stip voor haar gekyk en pal suurstof gebruik. Sy ly aan chroniese asma en voer dit as een
van die redes waarom sy op borgtog vrygelaat behoort te word.
Die staatsaanklaer voer egter aan Steyn se gesondheid het nie sedert haar inhegtenisneming in Julie agteruit
gegaan nie.
Die hof sal volgende week beslis of Steyn borgtog kry.

Rapport – 11 Desember 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Vrou se DNS by pastoor se lyk.

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×