Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Afspraakmoorde: Akte lees soos riller

Afspraakmoorde: Akte Lees Soos Riller

Vyf van die beskuldigdes in die saak oor die Krugersdorpse afspraakmoorde word nou ook aangekla van
rampokkery.
Zak Valentine (31), Cecelia Steyn (35), Le Roux Steyn (21), Marinda Steyn (50) en Marcel Steyn (18) staan
tereg op meer as 23 aanklagte van onder meer moord, diefstal, rampokkery, regsverydeling, roof met
verswarende omstandighede, bedrog en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.
Die staat voer aan dat die beskuldigdes saamgewerk het om hulself te verryk deur die moorde, rooftogte en
versekeringsbedrog en dat hulle daarom aan rampokkery skuldig is.
Onlangse bekende sake van rampokkery in Suid-Afrika was dié van Marietjie Prinsloo en haar familie se
Krion-ponziskema en Glenn Agliotti, die dwelmhandelaar wat verbind word met die moord op Brett Kebble.
Die akte van beskuldiging lees soos ’n riller.
Cecelia was na bewering die baasbrein agter die hele onderneming, al was sy nie by die moorde teenwoordig
nie. Cecelia en Marinda het al die misdade beplan, lui die akte.
Marinda was volgens die klagstaat die leier van die groep wat die moorde en rooftogte uitgevoer het. Sy was
by al die moordtonele teenwoordig met ’n vuurwapen wat gebruik is om die slagoffers te dreig.
Zak was glo betrokke by die beplanning en die uitvoering van diemoord op die sake-egpaar Peter en Joan Meyer en die smous Jarrod Jackson. Zak het ook glo sy eie dood versin en Jacques de Villiers se ID gesteel en gebruik.
Le Roux was volgens die akte betrokke by die beplanning en die uitvoering van die moorde op die rekenmeester Glen McGregor (57), Jackson (44), die versekeringsmakelaar Anthony Scholefield (60), die versekeringsmakelaar Kevin Mc Alpine (29) en die eiendomsagent Hanlé Lategan (52). Marcel was betrokke by die moord op die Meyers, McGregor,
Scholefield, Mc Alpine en Lategan, lui die klagstaat. Die sesde beskuldigde, John Barnard (40), het in Desember
verlede jaar in die hooggeregshof in Palm Ridge skuld beken op die aanklagte en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Die polisie het bekend gemaak hulle soek nog na ’n man van in die 40 met kort donker hare en donker oë in verband met die moorde. Die vyf beskuldigdes verskyn weer op 4 Augustus in die hooggeregshof in Johannesburg. Die verhoor gaan op 9 Oktober begin en ongeveer agt weke duur.

Rapport – 7 Mei 2017



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Afspraakmoorde: Akte lees soos riller

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×