Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

‘Here, laat ek maklik gaan’

Deur Chante Daries

’n 64-jarige vrou is in ’n “moderne kruisiging” met ’n elektriese boor, ’n strykyster, ’n mes en ’n swartsak
gemartel.
“My suster het ’n moderne kruisiging oorleef. Barbare het haar probeer kruisig,” sê David Simpson, broer
van Nicci Simpson van Westonaria aan die Wes-Rand. Sy is Vrydagoggend beroof en gemartel op die plaas
Kalbasfontein.
’n Selfoon en ’n pistool is gesteel.
Nicci se bakkie was ’n paar honderd meter van haar huis gevind waar hy uitgesny het weens die
immobiliseerder en haar hond se karkas, bedek met vlieë, was gister nog by die ingang van die plaas.
Nicci het gister uit haar hospitaalbed gesê sy is van 10:00 tot sowat 16:00 gemartel.
“Terwyl dit aan die gang was, het ek net heeltyd probeer om dit wat aan die gang was, uit my kop te blok.
“Ek het die Here gevra: ‘Asseblief God, as dit my tyd is om te gaan, laat ek asseblief maklik gaan,’ ” het sy
aan Netwerk24 gesê.
Die bloed wat gister nog teen al die mure van die huis was, vertel ’n rillerverhaal.
Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, sê drie mans
het Nicci buite haar huis oorval.
Hulle het haar in die huis ingedwing en wou in die kluis
inkom, maar sy het gesê sy het nie die sleutel nie. “Jy lieg, jy
lieg,” het hulle haar toegesnou, het Nicci aan Netwerk24 gesê.
Die rowers het Nicci met ’n swartsak gesmoor, haar polse
gesny, haar ribbes gebreek, haar knie verbrysel en uiteindelik
albei haar voete met ’n elektriese boor deurboor.
Sarel Cilliers, ’n lid van die plaaslike
gemeenskapspolisiëringsforum, het haar gevind.
“Op ons (WhatsApp-)groep is daar gesê Nicci se verlate
motor is naby aan haar huis gesien en daar is bloed aan die mure. Dit is toe dat ons na haar huis toe gegaan
en vir Nicci in die boonste kamer in haar stoel gekry het.
“Daardie tannie is taaier as ’n ratel. Ons was verstom sy het nie haarself doodgebloei nie. Sy is erg gemartel.”
Haar bure het gister die huis begin opruim.
“Sy is ’n lieflike vrou. Sy is nie bang nie en het probeer help
waar sy kon,” sê Mina Rudman, wat die mure begin skrop
het.
“Dit is maar die norm hier. Ons boere en vriende word meer
en meer doodgemaak, die polisie help ons niks.
“Hulle gee nie om dat mense vermoor word nie.”
David sê hy het al sy suster gevra om te trek weens
veiligheidsredes, maar sy het geweier.
Die plaas, waar sy vroeër jare ’n hondesalon bedryf het, is
haar lewe.
Haar man, Kenny Whitehorn, is jare gelede dood en hulle het
nie kinders gehad nie.
Nicci, oorspronklik van België, se 87-jarige ma woon nog daar. Volgens David was hul ma so geskok om die
nuus te hoor dat sy ook vir behandeling na die hospitaal moes gaan.
“Dit is siek wat daardie mense aan haar gedoen het. ’n Weerlose vrou wat dit nie verdien het. Hoe kan jy ’n
ou tannie aanval en dan so martel?”
Dlamini sê niemand is nog in hegtenis geneem nie

Rapport – 12 March 2017



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

‘Here, laat ek maklik gaan’

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×