Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Zak dood? Nee, hy’s in die hof…

Zak Dood? Nee, Hy’s In Die Hof…

Deur – Chante Daries

‘Jesus pluk net die mooiste blomme,” het ’n hartseer vriendin oor Zak Valentine geskryf.
“Mag jy dans in die hemel,” het ’n ander een geskryf.
Maar Maandag was Valentine springlewendig en doodstil in die landdroshof in Krugersdorp as beskuldigde.
Valentine (31), voorheen ’n makelaar, het glo ’n lewenspolis van altesame R3,57 miljoen op sy eie lewe by
Discovery, sy vorige werkgewer, probeer eis.
Hy is deur liefde omvou nadat sy vrou, Mikeila (25), in Oktober 2012 vermoor is in hul destydse huis in
Ruimsig, Roodepoort.
Die familie se tweede skok was in Desember verlede jaar toe Valentine kwansuis verkool het in ’n
motorongeluk in Petrus Steyn in die Vrystaat.
Die boodskappe van medelye het begin instroom op Valentine se Facebook-blad.
Chinique Valentine, ’n familielid, het op 20 Desember 2015 geskryf hoe hulle troos vind in die gedig wat
Zak op 14-jarige ouderdom vir hulle geskryf het. Die gedig is getiteld “A Prayer to God”. Chinique het selfs
gedroom hoe ’n engel hom “die nag van die tragedie” gaan haal het.
Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, sê daar is aanvanklik geglo die lyk in die voertuig wat onherkenbaar
verkool is, was Valentine s’n.
Ernst sê ’n kennis van Valentine het by die polisie begin navraag doen oor ’n mansvriend wat verdwyn het
omtrent dieselfde tyd wat Valentine in die motorongeluk “dood” is. “ ’n Ondersoek na die dood in Petrus
Steyn het aan die lig gebring dat die DNS van (Valentine) en die lyk nie ooreenstem nie.”
Boonop was daar ’n lewenspolis ter waarde van R3,57 miljoen by Discovery wat ook die wenkbroue laat lig
het. Ná Valentine se “dood” in Desember 2015 het hy glo die skuilnaam Jacques de Villiers gebruik en selfs
’n ID-boek met dié naam vervals. Hy het ook na bewering ’n selfoonkontrak by Autopage Cellular met sy
gesteelde en toe vervalste ID probeer open. Rapport verneem hy het ná sy “dood” eers ’n ruk in Brittanje
gewoon waar hy in verskeie kroeë gewerk het.
Valentine het Maandag vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en vervalsing. Luidens
die hofverslag is daar nog ’n uitstaande moordaanklag teen hom weens die man wat in die motor
doodgebrand het.
Een van Valentine se vriende wat nie geïdentifiseer wou word nie, het die afgelope week aan Rapport gesê
hulle is erg geskok oor hul “oorlede” vriend wat nou weer leef.
“Ek wil nog in my kar klim en gaan kyk of dit regtig hy is. Toe ons saam (op universiteit) geswot het was ek
en hy goeie vriende. “Ek kan nie glo dat dit dieselfde persoon is wat ek geken het nie.”

Rapport – 24 Julie 2016



This post first appeared on 3 Sides To A Story, please read the originial post: here

Share the post

Zak dood? Nee, hy’s in die hof…

×

Subscribe to 3 Sides To A Story

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×