Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Wat dink mense van die nuwe Fokofpolisiekar album?

Ek het lankal ophou om musiek reviews te probeer skryf. Vir ‘n paar redes, maar meestal omdat ek lui is en my smaak in musiek nie ooreenstem met baie ander mense s’n nie. Baie mense (insluitende die mense wat die musiek maak) kan dit nie hanteer as jy nie hou van wat hul maak nie. Daar was byvoorbeeld, een op ‘n slag, ‘n ou wat ‘n emotional meltdown gehad het oor ek hou van The Darkness. So toe die nuwe Fokofpolisiekar Album op my tafel land het ek besluit om eerder ander mense se opinies oor die nuwe album te kry en dit hier met julle te deel. Op die manier hou ek my kant skoon.

Al wat ek regtig wil sê oor die album is dat ek die album cover duidelik AI art is. Wat die fok gaan aan met daardie vrou in die stoel se een voet? “Phoning it in” kry nuwe betekenis wanneer ‘n band soos FPK nie meer saam ‘n regte kunstenaar werk vir hul album art nie. Die art en imagery wat saam hul musiek gegaan het was altyd iets wat ek baie waardeer het van die band. Mens kon sien daar is moeite ingesit deur net na die album art te kyk. Nie die keer nie.



Ek het op ‘n Afrikaanse forum gaan vra wat dink mense van Dans Deur Die Donker, en hier onder is van die goed wat die mense te sê gehad het.

Hulle is nie meer kwaad genoeg vir die wêreld nie. Die ouens is gelukkig en mens kan dit hoor in die musiek. Dis maar kak maar ek’s bly vir Hulle.

Daar is geen meer byt nie. Hulle het nou geld, alles is te lekker. Dis goeie punk-pop, dis stront FPK.

Vir my is alles na Swanesang maar ‘n groot teleurstelling. “Dagdronk” het baie gevoel soos ‘n Heuwels Fantasties song met Francois van Coke wat sing, eerder as Pierre Greeff. Dit voel asof hulle musiek nou geskryf word sodat dit opgetree kan word saam ander Afrikaans-pop-drek by “Afrikaans is Groot” (A.K.A Afrikaans is vertraag) en daardie klas van goed. Sover kon ek nog nie deur die nuwe album kom nie.

Songs is lekker, maar die AI generated artwork vir die cover en die visualisers op YT voel bietjie afgeskeep en kakkerig if you ask me.

Voel asof niks van die goed ‘n personal touch het nie

Nie geweet hulle is nog ‘n ding nie.

Ons was darem maar by baie van hulle konserte, na hulle brand suid afrika en swanesang albums voel ek het hulle musiek bietjie temerig geraak, bietjie mak geraak en dis asof daardie rock OEMF nie meer daar was nie.

Maar ja, ons het op hierdie mense se musiek tog te heerlik op en af gespring.

Hoërskool so 10 jaar terug was FPK befok, nou luister my ma na hulle. Fok man, vanaf hulle begin cater het vir die Karen Zoid fans is alles verby

Daar is weer n paar siek riffs deur johnny en hunter op die kitare maar ja dis nie meer dieselfde nie. Ek hou nie van happy rock musiek nie. Die ouens is nie meer rock nie die image is nie meer daar nie en dra oor na die klank. Wynand met sy fokken blou hare en bul ring in die neus en francois met die oop bek smiles op elke foto.. cringe.

Ek het my pansionaris ma vir haar verjaarsdag laas naweek na hul show toe gevat. Sy dink Francois is net te pragtig. Hulle cater nou vir ander mense want met hul eerste album het my ma beslis NIE van hulle gehou nie…

Ek dink dis ‘n lekker album, easy om na te luister en ‘n paar goeie lirieke. Ek’s verbaas dit was so vinnig gemaak, dalk ‘n bietjie rushed, maar steeds ‘n cool album.

Ek like die lyrics van daai een song, die een wat gaan “mid Mid Mid Mid mid mid mid mid average mid”

Net ja, ek hou van dit :>

Dans Deur Die Donker review deur allerdaagse mense

Ek los die name van die mense eerder uit. Wil nie hê daar moet klomp middeljarige tannies en ouens in Boerboel-two-tone-pakkies vir hulle fucked-up boodskappe gaan stuur op social media nie. As jy FPK se nuwe album wil gaan luister en self besluit wat jy daarvan dink, jy kan dit op enige streaming platform gaan luister.

The post Wat dink mense van die nuwe Fokofpolisiekar album? appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Wat dink mense van die nuwe Fokofpolisiekar album?

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×