Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Boerboel Wear – Eerste Afrikaner-brand vir gay Afrikaanse mans

Wieookal gesê het dat Afrikaners preuts of ouderdags is, het duidelik nog nie gehoor van Boerboel Wear Clothing nie. Boerboel Wear is ‘n eg Suid-Afrikaanse handelsmerk wat besluit het om die gay Afrikaner-man in die kollig te plaas. Geen skaamhare op hierdie bene nie.

‘n Groot stap vir enige iets Afrikaans, sak Boerboel Wear toe maar in die voorry vir ons kultuur deur die stigma en ouderdagse idees van die gay Afrikaanse man af te skud. Ja, kort broekies wat te styf sit is tradisioneel vir vrouens soos Daisy Duke en mans soos Feddy Mercury, maar Boerboel het besluit om daardie idee na ‘n hele nuwe flak te vat.

Wie se broekie is korter?

Wees gay, wees Afrikaans, wees trots, wees Boerboel Clothing

Afrikaner trots is iets wat die laaste paar jaar baie shots gevat het. Suid-Afrika se regering wil hê almal moet dink alles wat fout is in SA en fout gaan, is Afrikaners se skuld. Meeste Afrikaners wat tans lewe is na 1992 gebore, maar wat maak dit saak? Dus word ons geforseer om te verstik aan ons white-Afrikaner-guilt soos ‘n foie gras gaans.

En net soos foie gras nie net vir die Franse is nie, het Boerboel Wear besluit dat gay wees nie net vir Paris fashion week mans is nie, maar ook vir die Afrikaner-man.

“Toe hulle my oorspronklik genader het om ‘n model te wees het ek gedink dit is ‘n grap. Ek was op daardie stadium ‘n ontklee danser by Beefcakes. Skielik is daar hierdie Afrikaanse brand wat wil hê ek, ‘n openlike gay man, moet van hulle boertjie klere model vir foto’s. Ek kon nie my beenhare vinnig genoeg skeer nie.” sê *Frikkie, een van Boerboel Wear se kleremodelle.

Boerboel Wear het monde aan die raas

Met sosiale media wat dit is, het Boerboel Wear se racy foto’s op Facebook vinnig die lippe laat dans van die praat. Elke middel 50s tannie op Facebook het die foto’s gelike en hul warm onder die kraag vriendinne heen en weer getag sodat hullle ook kon kyk.

“My man doen dit lankal nie meer vir my nie. Die boere van vandag se drag is two-tone of khaki, knopies hemde en ‘n kort broekie wat sukkel om die vet pens weg te steek. Boerboel was anders. Boerboel was soos die mans wat ek sien by ‘Tupperwear’ partykies.” verduidelik Koek Sweet, ‘n tannie wat al in haar laat 60s is en haarself beskyf as Boerboel se grootste aanhanger.

Instagram was ook vinnig aan die gons. Gay mans verkies deesdae Instagram bo Facebook, juis omdat Instagram meer bekend is vir hemplose foto’s as Facebook. Ook, die term “sliding into his DMs” is afkomstig van Instagram. “Skielik was daar meer pielstyf in my DMs as wat een gay Afrikaanse man kan hanteer!” sê Frikkie oor die weke na sy eerste mdelwerk vir Boerboel Wear.

Ja, gay mans het ook vir Boerboel Wear se social media foto’s en advertensie raak gesien, en skielik het gay Afrikaanse mans meer belang gestel in Boerboel se Instagram profile as wat hulle belang gestel het in die Grindr app.

Afrikaans wees is nie ‘n uitrusting nie

Die afgelope naweek is ek in Brits. ‘n Eg-boertjie dorp. Toe ek by die braaiarea instap lyk die manne wat voor die braai staan asof hulle nou net van die Boerboel Wear shop af gekom het. Dit is net skort stywe broekies, khaki en die duurste vellies. Vellies wat nog nooit gaan jag het nie, mind you. Met my Converse, jean en t-shirt het ek uitgestaan soos ‘n seer vinger. Die kak-Afrikaanse-musiek het geloop en die brannewyn is af in die keel saam met coke. Nooit in my lewe sou ek kon raai dat die spul ouens om die braai gay is nie.

Toe moet die steak gesny word om te sien of dit gaar is. “Leen my bietjie jou mes, toe?” vra een van die ouens met die uitrusting aan my. Heel verbaas dat hy so aangetrek is en nie eers ‘n knipmes by hom het nie haal ek my Microtech Ultratech D/E OTF mes van my belt af. Die boertjie staar vir so rukkie na die ding in sy hand en toe sê hy: “Ek weet nie hoe die ding werk nie.”

Amper stomgeslaan wys ek hom hoe jy maak om die mes se lem uit te kry. “Ah, ‘n skollie mes die.” glimlag hy breed. Duidelik maak die uitrusting nie die man nie, dink ek by myself.

Boerboel Wear op Takealot

As die eerste klere handelsmerk in SA wat 100% geteiken is op gay Afrikaanse mans, is dit heel verbased dat selfs Takealot die klere verkoop. Takealot (‘n Naspers company) is net so preuts en skeinheilig soos die entiteit wat hulle besit. “Jy kan nie eers ‘n vibrator op Takealot koop nie. Vir dit moet ek na Clicks se website gaan. Maar die klere vir die gay Afrikaner is op Takealot. Dit is nou trots Afrikaans!” sê Koek Sweets met ‘n uitgedrukte bors.

“Ek dink meeste Afrikaners mis die teiken so bietjie as die kom by Boerboel Wear se teikenmark. Boerboel is ‘n besigheid, so natuurlik gaan hulle klere vir vrouens en kinders ook verkoop as iemand dit wil koop. Dit beteken nogsteeds nie dat hulle nie gemik is op die gay-Afrikaanse-mans nie.” verduidelik Fikkie.

“Klomp van die Afrikaanse gesegdes wat op Boerboel Clothing se hemde is, is goed wat direk kom uit die gay-Afrikaner man se kultuur: ‘Gooi mielies’ en ‘Wys my jou vleis’? Daardie is goed wat ons gays gesê het as ons piel soek en dit moes wegsteek vir die nie-gay Afrikaners om ons.” Frikkie bloos sommer soos hy die stukkie informasie deel.

Volgende gaan hulle seker dink “sit lood in my potlood” gaan oor onderwys

Frikkie

Afrikaans is nie meer wat dit was in die laat 1980s nie. Duidelik het Afrikaans verander, en as ons so kyk na wat in Brits en op social media aangaan, vir die beter verander. Eerder as wat Afrikaans weg skram van gay, is hulle besig om gay deel te maak van die tradisionele Afrikaans-kultuur van boer-wees. Staan op sy “Boer soek ‘n man” want hier is ‘n nuwe gay-Afrikaans icon, en die een het vier pote en word Boerboel Wear genoem.

Verby is die dae van net Francois van Coke wat sy broeke kan dra 4 sizes te klein. Nou kan enige fan van Boerboel dit ook doen, en wie sal beter weet oor kort broekies wat te klein is as gay mans?

*Skuilname is gebruik. Frikkie sê hy kry te veel dick picks deesdae in sy DMs, en tant Koek wil nie hê haar man moet weet sy het ‘n vibrator gekoop nie, al het sy dit gedoen omdat sy moeg is vir sy vet pens.

The post Boerboel Wear – Eerste Afrikaner-brand vir gay Afrikaanse mans appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Boerboel Wear – Eerste Afrikaner-brand vir gay Afrikaanse mans

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×