Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Puscifer – “Bedlamite”

Puscifer is ‘n Band waaroor ek al baie gepraat het. Dit is een van Maynard James Keenan, van Tool, se ander bands.

Wat maak Puscifer interesant?

Volgens wat Maynard te sê gehad het in ‘n onlangse interview met Steve-O is Puscifer die eniste musikale projek wat hy het waar hy betrokke is met die musiek skryf. Hy is ook die brein agter die lerieke en lirieke en melodies. In Tool maak die ander lede van die band die musiek voor Maynard dit kry om lirieke en melodies daarvoor te skryf. In A Perfect Circle is Billy Howerdel meestal verantwoordelik vir die die musiek. Met Puscifer is Mynard die begin en die einde.

In dieselfde interview het Maynard ook vertel dat meeste van die lirieke begin as gedigte wat hy skryf. Puscifer gaan ook nie net oor die musiek nie, dit is ‘n hele kreatiewe ding op sy eie. Lede van die band verteenwoordig karakters en dit is duidelik dat die visuals en performance deel is van wat Puscifer probeer doen.

Van Existential Reckoning: Live at Arcosanti, “Bedlamite”

Wanneer jy vir Maynard en mede vocalist Carina die eerste keer sien in die video gaan jy dink: “Wat die fok gaan hier aan?”


Een van die dinge wat Puscifer doen is dat hulle musiek wat hulle reeds opgeneem en vrygestel het sal herdink, en weer opneem. Die band se eerste album V is for Vagina is onlangs weer deur die band opgeneem, live in studio en vrygestel as V is for Versatile.

Existential Reckoning: Live at Arcosanti is ‘n live optrede deur die band, buite, wat jy live kon kyk via online stream. Dit is ‘n indrukwekkende stuk kuns. Elke lid van die band is ‘n meester van wat hulle doen. ‘n Groep multi-instrumentalists met twee van die beste vocalists op die planeet. Carina en Maynard se stemme skep harmonies soos wat jy nerens anders gaan hoor nie.

“Bedlamite” was die laaste song van die live optrede, en die hele show is perfek gesinchroniseer met die omgewing waarin hulle optree. Terwyl hulle die closing song doen, kom die son op.

Die effort wys

Dit is wat alles kreatiewe werk interesant maak, is die effort wat daarin gegaan het. Soos Picasso wat ‘n vrou ‘n belaglike hoeveelheid geld gevra het vir ‘n baie vinnige skets waarvoor sy gevra het. Toe die vrou vra hoe Picasso kan dink dit is reg om soveel geld te vra vir ‘n skets wat hy in 5 minute op ‘n servet geteken het, antwoord hy: “No, it took me 40 years to draw this in five minutes.”

Dink net die beplanning wat in dit moes in gaan om die live optrede te time met die sonsopkoms. Ek love enige kuns waar die moeite evident is. Puscifer doen dit vir my op elke level. As ek jy was check ek die video en dan spandeer ek die $5.99 om die hele show se VOD te kyk.

The post Puscifer – “Bedlamite” appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Puscifer – “Bedlamite”

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×