Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Marteria – Kids (2 Finger an den Kopf)

My kop is op ‘n weird plek. Vir ‘n slag is Daar dinge wat ek probeer vermy omdat ek regtig probeer beheer waarop my denke se bandwith gebruik word. Ras-politiek, woke social justice issues (soos of daar tampons in mans badkamers moet wees) en al daai kak is nie iets wat ek nodig het in my brein nie. Eerlikwaar dink ek meeste mense wat kla oor die kak het ultra-maklike lewens wat hul probeer moeilik maak vir hulself omdat hulle verveeld is.

Ek luister na nuwe podcasts die laaste ruk, en ontdek baie nuwe goed wat ek dink veel beter is vir my brein as die stront wat die media, dom mense en social media my probeer voer. Soos byvoorbeeld die Duitse rapper Marteria, en sy song “Kids (2 Finger an den Kopf)”. Voor jy jou neusie optrek, onthou daar is ‘n rede hoekom Jack Parow bekend is in daardie deel van die wêreld, en al verstaan ek nie Duits 100% nie, of eers 50% nie, het die lyrics vir my dadelik uitgestaan:

“Alle haben ‘nen Job, ich hab’ Langeweile
Keiner hat mehr Bock auf Kiffen, Saufen, Feiern
So ist das hier im Block, Tag ein, Tag aus
Halt’ mir zwei Finger an den Kopf und mach’
Peng! Peng! Peng! Peng!”

Of eerder in Engels:

“Everyone has a job, I’m bored
Nobody feels like smoking pot, drinking, partying anymore
That’s the way it is here in the block, day in, day out
Hold two fingers to my head and do
Bang! Bang! Bang! Bang!”

Dit het aanklank by my gevind daar mense is waarvoor ek regtig omgee, en wat ek sien as goeie vriende van my, wat dit vir my voel asof ek nie eers meer met hulle kan praat nie. “Suid-Afrika is gefok.” en ek is gatvol om dit te hoor. Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit ontstel my nie omdat ek nie die sentiment deel nie. Ek is net gatvol daarvoor om dit te hoor, oor en oor en oor, en maak nie saak hoeveel keer dit herhaal word nie, dit verander fokol. Almal het hierdie grensgat drones geword wat dink SA is so kak, wanneer die hele wêreld kak is. ONS ALMAL WEET DIT EN OM HEELTYD DAAROOR TE PRAAT GAAN DIT NIE VERANDER OR ENIGE VAN ONS LAAT BETER VOEL DAAROOR NIE. Ek voel ook of die wêreld besig is om tot ‘n einde te kom, maar ek hou dit vir myself en probeer eerder positiewe shit daar buite sit.

Jou opinie oor die stand van Suid-Afrika en die res van die wêreld is baie soos jou geloof: Dit is fine om een te hê, maar as jy die heeltyd net oor dit praat gaan mense gatvol raak vir jou kak.

Miskien help die song jou (soos dit my help) om jou fucks bietjie beter te prioritize.

The post Marteria – Kids (2 Finger an den Kopf) appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Marteria – Kids (2 Finger an den Kopf)

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×