Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Eskimo Callboy – Hypa Hypa

Het jy al Eurovision Song Contest: The Story of Fire Saga gekyk op Netflix? Dit is ‘n Will Farrell fliek. Met ander woorde dit is een moerse parody. In die geval van die fliek strike hy nogal ‘n chord close to home as jy Afrikaans is. Want baie van die walg musiek in die fliek gaan klink soos dit wat jy sien kom uit Afrikaanse sangers se bekke tydens hulle live streams van hulle sitkamer af. En nee, dit is nie net omdat die Afrikaanse pop-ster se musiek kak klink as dit gespeel word in sy TV-kamer via ‘n Facebook live stream nie. Dit klink kak, want dit is kak musiek. Tog kan jy nie help om dadelik die beat en die folky Euro-pop-trash te herken nie, want ons hoor dieselfde stuff hier in Afrikaans.

Eskimo Callboy is ‘n screamo-band, ek dink. Hulle is uit Duitsland en hulle volg ook die traditional Germanic-country music vibes met hulle musiek. Wanneer jy “Hypa Hypa” hier onder luister gaan dit nie so obvious wees soos “JaJa Ding Dong” uit Will Ferrell se fliek nie, maar die fondamente is daar. Ek weet jy gaan nou vir my sê ek is mal omdat ek Carike Keuzenkamp vergelyk met bv. Rammstein, maar selfs die famous german metal act se musiek se fondamente lê in Euro-pop-trash. Dit is hoekom JY wat Afrikaans is so baie daarvan hou. Dit is ook hoekom jy gaan hou van “Hypa Hypa” van Eskimo Callboy.

Moet nie laat die 80s mullets en die bubblegum-pop kleure jou verwar nie. Luister tenminste die eerste 30 sekondes van die song. Die video is ook snaaks en al het die dame met die pienk hare (ek het ‘n reël oor mense met helder-gekleurde hare en hulle vermy want hulle is gewoonlik mal) bietjie te veel staal in haar gesig na my smaak is sy steeds nie selg om na te kyk nie.

Laat weet my wat jy dink in die comments. Of moenie, ek is nie jou pa nie.

The post Eskimo Callboy – Hypa Hypa appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Eskimo Callboy – Hypa Hypa

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×