Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Laaste Lag Comedy – 28 September 2019 in Pretoria

Dit is al ‘n rukkie in die werke en aangesien stand-up Comedy in Suid-Afrika tans op ‘n baie lekker plek is, het ek en Kobus Galloway besluit om weer ‘n Afrikaanse komedie show bymekaar te sit. Die eerste ‘Laaste Lag’ gebeur in Pretoria op 28 September 2019 by Cafe Barcelona.

Wie gaan Laaste Lag?

Saam met my en Kobus Galloway Gaan Hannes Brummer, Kraai Du Toit en Kobus van Rensburg ook die verhoog vat om jou maagspiere daardie nodige oefening te gee op die beste manier moontlik: deur te lag. Die aand skop 20:00 af.

Hannes Brummer is ‘n Afrikanse komedie veteraan en hy het al komedie gedoen by KKNK, Aardklop en Inniebos. Hy het al sy eie een man show gedoen, ‘Punk in plakkies’ en is deel van Die Flying Dutchmen saam met Melt Sieberhagen. Jy het tien teen een al vir Hannes op die kassie ook gesien in Een Skoenlapper, Amalia, Villa Rosa, Binnelanders en Hotel.

Kobus Galloway is die man agter Idees Vol Vrees. Wanneer hy nie besig is om snaakse prente te teken wat regoor die internet gedeel word nie, skryf hy ook grappies en is tans besig om te werk aan sy eerste TV-sitkom vir Kyknet. Kobus het ook al ‘n hele reeks boeke gepubliseer en ek gaan lieg as ek probeer sê presies hoeveel.

Kraai du Toit het al ‘n landswye toer saam met Trevor Noah gedoen. Hy was ook al op Comedy Central Africa en het al vir John Vlismas en Deep Fried Man ge-open. Kraai word baie op die verhoog gesien by Parker’s Comedy en Goliath Comedy.

Cobus van Rensburg doen al stand-up vanaf 2017. Hy het al by Parker’s Comedy Club, Goliath Comedy, The Box en Whackhead’s Comedy Club. Hy het ook al stand-up gedoen vir die Savanna’s Newcomer Showcase in 2018.

Ruan Stix Fourie is ek, die ou agter gevaaalik.com. As ek nie besig is om my ouers hulself dood te laat skaam op die website nie, skryf ek jokes en doen stand-up comedy in Pretoria. Oor die jare het ek een van die grootste Afrikaanse comedy podcasts begin en ge-eindig en ek was al te sien op MK toe dit nog ‘n kanaal was en onlangs op Via TV tot ek nie meer bereid was om dit verniet te doen nie.

Waar kry ek my ‘Laaste Lag’ kaartjie?

Maklik, jy kan gaan na laastelag.com of jy kan sommer jou kaartjie gaan koop op iTickets. Kaartjies kos R65 as jy hom nou via die website koop, of as jy te veel geld het kan jy by die deur ‘n kaartjie kry vir R85. Die ouderdoms beperking vir ‘Laaste Lag’ is 16. Ons gaan nie jou ID check nie, maar as jy ouer is as 16 gaan ons aanneem dat jy ‘n grap kan vat vir ‘n grap wees.

The post Laaste Lag Comedy – 28 September 2019 in Pretoria appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Laaste Lag Comedy – 28 September 2019 in Pretoria

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×