Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

My braai: Franca Gourmet Briquettes

My skoonpa vat dit persoonlik op as jy vir hom braai op ‘n vuur gemaak met houtskoolbrikette. My skoonpa se redenasie agter die gevoelens teenoor houtskoolbrikette is eenvoudig: “Hout gee jou vleis smaak. Houtskoolbrikette het niks smaak nie.”

Dit gebeur nie baie dat jy reg is vir jou skoonpa nie, en wanneer jy daardie trick in jou gatsak hou backfire dit gewoonlik. Die keer was ek reg vir hom. Ons gaan skaaptjops braai, oor houtskoolbrikette, maar Franca Gourmet Brikette. Jy kan nie kla dat daar geen “smaak” van die brikette af kom as die brikette ingeboude “smaak” het nie. Skaaptjops oor roosmaryn Franca Brikette.

Soos entry level roker, sonder die roker

Ek onthou my pa se rokertjie. Die klein dingetjie wat jy die saagsels in gesit het en dan rook jy die vleis. Ek onthou ook hoe lekker dit was. Alles wat jy brand gee so bietjie van ‘n smakie af aan watookal jy braai op die kole. Hoe meer rook, hoe meer proe jy dit wat die rook veroorsaak.

Ek het nie ‘n ketelbraai (Weber) nie en hierdie gegeurde briquette van Franca sal byvoorbeeld perfek wees vir een van daardie. Maar toe ek die 2kg roosmaryn Franca briquette neersit op my braai toe is my skoonpa dadelik geintreseerd.

Die klein rokertjie van my pa het ook altyd soos baie werk gelyk. Ek steek eerder net my vuur aan met die gegeurde brikette. Want die brikette het roosmaryn in wat jy kan sien as jy kyk na die goed. Terwyl ek die vleis braai sit ek my braaibak oor die vleis om die rook te kan vang. Arm man se Weber.

“Nou wat is hierdie Franca Gourmet Briquettes?”

Franca Gourmet Brikette is gegeurde houtskoolbrikette. Dit beteken jy kan verskillende smake kry afhangende van watter van die Gourmet Brikette jy gebruik. Ek gebruik byvoorbeeld die roosmaryn saam met skaapvleis of vark. Maar daar is ook uie-geur, knoffel- geur en knoffel en kruie-geur. Dus sal jy ‘n boks Gourmet Brikette kan kry vir elke tipe vleis wat jy braai.

“Waar kom jy aan dit?”

“Dit is nou die tipe ding wat ek sal verwag om te sien by iets soos HuntEx of ‘n outdoor expo. Is dit in winkels? Ek sal nooit hierdie boksie raaksie as ek nie weet waarvoor ek moet kyk in die winkel nie.” dit voel of die vrae besig is om stadig te verander in verskuilde voorstelle.

“Dit is nou lekker vir as jy mense oor nooi vir ‘n stadige hoederbraai.”

‘n Vriend van ‘n vriend het die idee ‘n realiteit gemaak en ek het my hande op 6 bokse Franca Gourmet Brikette gekry. Genoeg om lekker te kan toets watse vleis werk die beste saam met watter gegeurde houtskool. Dit is juis hoekom ons die lekker skapptjops kan braai op die roosmaryn gegeurde houtskool.

“Ek kan die roosmaryn nogsteeds in die kole sien, en hierdie tjoppies is baie lekker.” sê my skoonpa.

Sukses.

“Waar kan ek dit koop?”

Koop dit sommer op Takealot.com. Jy kan al die geure van Franca Gourmette Briquettes daar kry, maar die beste is om die combo te kry. Die Franca Gourmet Briquettes Combo het een 2kg boks van elke geur in, vir R196. R196 is ‘n klein prys om te betaal vir ‘n ysbreker met jou skoonpa. Plus nou het hy ‘n baie interesante geskenk om te gee vir al sy vriende. Hy bestel dit sommer op Takealot en laat dit by sy vriende se kantore aflewer.

Vrywaring: Ek is nie betaal vir hierdie post nie. Ek het wel ‘n paar bokse van Franca Gourmet Briquettes gekry.

The post My braai: Franca Gourmet Briquettes appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

My braai: Franca Gourmet Briquettes

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×