Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

Ek word soms ‘n ‘Jood’ genoem

Elke jaar van my lewe wat ek my oupa Jannie nog gelewe het, het hy vir my R50 gegee kort gevolg met die volgende woorde: “Spaar jou geld.”

Ek dink nie dit is 100% my oupa Jannie se skuld dat ek gereëld ‘n “Jood” genoem word nie. Dit is ook nie oor die bleskol op my kop al hoe meer bles word en ek skielik my geloof verander het sodat ek ‘n Joodse Kippah kan begin dra nie. Nee, wanneer ek ‘n ‘jood’ genoem word is dit omdat ek suinig is met my geld. Alhoewel, suinig is ‘n baie los term vir ek wat maklik spaar en ek wat nie sommer geld spandeer op goed nie.

View this post on Instagram

A post shared by stix ART (@stixart_)

Om te spaar en nie materialisties te wees nie, was altyd iets wat gerespekteer was. Dit is snaaks dat die term ‘Jood’ ‘n negatiewe ding is wanneer dit beteken die persoon spaar geld. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het nog nooit aanstoot gevat as iemand my ‘n Jood noem nie. Seker oor ek nie ‘n Jood is nie. En alhoewel enige persoon wat finasiël wel af is vir jou sal aanraai om te spaar, is dit nie iets wat meer in ons samelewing geprys word nie. Deesdae gaan dit baie meer oor die flashy goed: die goue kettings, die duur horlosies, die nuutste/duurste smartphone, die grootste bakkie om teerpad mee te ry.

Opulence is nie goed vir ons as ‘n spesie nie. Toe dit regtig begin goed gaan met die Romeine (so goed soos dit kon gaan in +/- 400AD) toe begin vreemde dinge gebeur: Chefs word celibrities en mense begin ongelooflik spandabelrig lewe. Klink dit vir jou bekend?

Ek is nie hier om mense te vertel om te spaar nie. Ek is nie my oupa Jannie nie. Hierdie is ‘n interne dialoog wat ek uitkots omdat ek hoop om dit beter te verstaan as ek dit lees, eerder as net hoor in my kop.

My ouers het sonder dat hul weet my groot gemaak om reg deur labels te sien. As tiener het my ouers doodeenvoudig geweier om vir die populêre brands te koop. Nou dat ek terugkyk daarop weet ek dit was miskien meer omdat my ouers dit eenvoudig nie kon bekostig nie eerder as wat hulle my ‘n les probeer leer het. Maar as ek Isle Style skoene wou hê, moes ek spaar om dit vir myself te koop.

Amper twee jaar terug begin ek ‘n nuwe werk. Na twee jaar se vryskut werk sien ek baie uit na die standvastige inkomste, ek huil wel die eerste oggend in my kar oppad werk toe omdat Rogan gaan wakker word en ek nie daar gaan wees nie. As ek geweet het wat ek nou weet sou daar minder trane gewees het. Hindsight is 20/20, maar nie soos die jaar 2020 nie. Om myself beter te laat voel op daardie stadium besluit ek dat ek nou kan begin spaar vir daardie R30 000 Rekenaar wat ek nog altyd wou gehad het. Eers is daar kredietkaart skuld en ander skuld om te betaal, want vryskut is duur. Maar minder as 8 maande later en my skuld is betaal en ek het my geld vir die rekenaar gespaar.

Oor die volgende paar maande het my vinger baie gehang oor die “Koop” knoppie op ‘n rekenaarwinkel se webtuiste. Soos iemand wat nie regtig wil selfmoord pleeg nie, kan ek myself nie kry om die sneller te trek nie. Ek gebruik rekenaars meer as meeste mense. Ek werk op ‘n rekenaar, maak content (video, podcast, images, meme en meer) met ‘n rekenaar. Ek verdien geld met ‘n rekenaar. Maar die rekenaar waarvoor ek 30k wil betaal, gaan 90% van die tyd gebruik word om games te speel. Ek het ‘n Xbox. Die Xbox is 8 jaar oud, maar ek kan games speel op hom. Dit is waarvoor hy gemaak is.

Twee jaar later, en ek het steeds nie die rekenaar gekoop nie. Ek het wel nooit ophou spaar vir daardie rekenaar nie. Wanneer die regering besluit jou vrou mag nie werk vir so paar maande nie, dan is dit moeilik om die spaar gewoonte af te skud.

Ek het wel nou die dag vir my ‘n skateboard deck gekoop. Vrydag wat verby is het wiele, trucks, bearings en hardware bestel vir my skateboard op Amazon. Iets waaroor ek ook al vir 3 weke top. Ek het meer spandeer as wat ek wou, en veral oor die wiele het ek gewig-en-weeg tot ek die kleure gesien het. Sit Rasta kleure in tandepasta en Colgate gaan my verloor as koper.

My oupas en oumas het baie gespaar en was nooit materialisties nie. Hulle het wel almal baie arme grootgeword as ek. Laasjaar toe oupa Attie en ouma Rina oorlede is, het hulle steeds die broodpan gemaak van ‘n ou oliekan gehad in hul kombuis.

Ek kan nie help as om my oë te rol vir mense met 20k horlosies nie. Vir ‘n 20k+ foon rol my oë so hard ek kry ‘n hoofpyn. Wanneer ek iemand in ‘n Mercedes-bakkie sien dan rol my oë dat dit lyk of ek ‘n slot machiene is. Ek seker dat ek ook oë laat rol wanneer ek $50+ betaal vir ‘n paar skateboard wiele, meestal oor hoe hulle lyk. Dit is vir my kommerwekkend hoe baie ek hoor mense ons regering beskuldig dat hulle nie aan die toekoms kan dink nie, al doen baie van daardie mense dieselfde.

Kort jy regtig 3 ekstra vertrekke in jou huis om leeg te staan? Is die kwaliteit van jou t-shirt regtig so goed dat hy R1000+ moet kos? Is jou rekenaar regtig iets wat jy gebruik vir werk, en nie net vir Pornhub en games nie?

As ek more die emmer skop, gaan ek seker baie kwaad wees vir myself. Ek glo ook daarin om te lewe vir vandag. Om die balans te handhaaf is belangrik. “Everything that gets the blood rushing is worth doing.” het Hunter S. Thompson gesê. Maak net seker dat jou blood nie rush omdat jy jouself heeltyd skop nie.

“Don’t chase the dead, or they’ll end up chasing you.”

The post Ek word soms ‘n ‘Jood’ genoem appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

Ek word soms ‘n ‘Jood’ genoem

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×