Get Even More Visitors To Your Blog, Upgrade To A Business Listing >>

WhatsApp se data-gate is die exit waarvoor ek gewag het


Vanmiddag ry ek om vir Rogan te Gaan optel by die skool. Op die passesiersitplek langs my lê ‘n Element skateboard deck. Splinternuut, nog toe in plastiek. Ek luister Limp Bizkit, en oor ‘n maand word ek 36. Dinge het baie verander in my leeftyd, maar tog is daar goed waaraan ek probeer klou.

Ek het baie dinge wat deur my kop maal. Die deck was ‘n winskopie. Ek het miskien die laaste paar weke te veel Tony Hawk’s Pro Skater gespeel op die Xbox. Tog, as ek nooit in my lewe weer skate nie, dan het ek ‘n stuk kuns vir ‘n muur in my nuwe huis (wat nog gebou moet word).

Ek dink oor hoe stil my foon gaan raak as ek nie meer Whatsapp het nie. Keer op keer wanner ek durf kyk na my screen time, dan is WhatsApp die groot sondebok. Die tydvraat. My data wat opgesuig word het my nog nooit soveel gepla nie. Wat my pla is die manipulasie waarvoor daardie data gebruik word. Ironies, as jy kyk na my loopbaan, ek weet. Ek het ook al Facebook gebruik om te manipuleer, en Google. Noem my maar ‘n “fearmonger”. Die eintlike kwessie is WhatsApp het te veel van my aandag, en vreet te veel van my tyd op. Die data-gate is net ‘n lekker verskoning om te fokof.

Facebook gaan volg, en so ook Instagram. Nie met die data-gate nie. Daardie skip is lankal uit die hawe uit. Ek gaan alle apps wat deel maak van Facebook van my foon af haal. Al het hulle reeds baie van my data, gaan ek nou myself begin speen van Facebook se tiet. Dit is moeilik, want ‘n lekker deel van my inkomste kom van Instagram en Facebook af. Dit is baie asof ek vir die laaste 15 jaar rook en nou dat ek wil ophou sê baie mense vir my: “Ag, jy rook al vir 15 jaar en die skade is klaar gedoen. Jy kan net sowel aanhou rook.”My ouers het vir ‘n lang tyd gedink die musiek waarna ek luister, en die “TV games” is iets wat ek gaan ontgroei. Baie dinge het verander oor die laaste 20 jaar, en party dinge het dieselfde gebly. Party goed omdat ek daaraan klou asof my lewe daarvan afhang (my lewe hang daarvan af) en ander asof ek geen beheer het daaroor nie. Vir 15 jaar is Facebook nou al deel van die verandering, en ek is deel van Facebook. Werklik het ons nog geen idee hoe hierdie ons samelewing gaan beinvloed oor die volgende 50 jaar nie.

Ek sê nie dat enige iemand anders op die ouderdom van 36 na Limp Bizkit moet luister of weer moet begin skateboard ry nie. Ek sê ook nie dat enige iemand WhatsApp of Facebook moet ophou gebruik nie. Ek dink wel ons moet bewus wees van wat gebeur. Camebridge Analytica het gebeur. Bell Pottinger en die “white monopoly capital” het gebeur, hier. Die genocide in Myanmar het gebeur, as gevolg van posts op Facebook. Wees bewus daarvan, weet dit. Vreemder dinge het al gebeur in die laaste twee jaar.

Ek sal graag wil sien watse musiek luister Rogan wanner hy 36 is, en miskien nog in die nabye toekoms saam met hom skateboard gaan ry. Eerder as wat ek kyk na memes wat gestuur word op ‘n WhatsApp group. Eerder as wat ek in ‘n histerie in gaan oor ‘n WhatsApp voicenote wat sê ek gaan nie meer drank kan koop nie.

Nou, as julle my sal verskoon. Ek moet op my stoep gaan sit en dink oor watse trucks ek gaan kry vir my skateboard, terwyl ek op die kinders skree wat my hond tart as hulle verby my erf loop. Party dinge verander, en ander dinge bly dieselfde.

The post WhatsApp se data-gate is die exit waarvoor ek gewag het appeared first on gevaaalik.com.



This post first appeared on Gevaaalik.com, please read the originial post: here

Share the post

WhatsApp se data-gate is die exit waarvoor ek gewag het

×

Subscribe to Gevaaalik.com

Get updates delivered right to your inbox!

Thank you for your subscription

×